Geen eensame pouses meer met dié app nie

Natalie Hampton (Foto: Bored Panda)

Natalie Hampton (Foto: Bored Panda)

Natalie Hampton, ʼn 16-jarige leerder van Kalifornië in die VSA het, nadat sy talle kere deur ander kinders geboelie is en etenstyd alleen moes deurbring, ʼn app bekendgestel wat dit maklik vir leerders maak om maats te vind tydens etenstye of pouses.

Dié app, “Sit with us”, gee alleenkinders die geleentheid om deur middel van sogenaamde ‘ambassadeurs’ op die app, ʼn groepie te vind en die etensuur saam met iemand anders te spandeer.

Vrywilligers kan hulself as ambassadeurs identifiseer en leerders sonder maats nooi om saam met hulle te sit en kuier.

Hampton het aan Huffington Post vertel sy het dié app ontwerp nadat sy vir een hele jaar alleen moes sit tydens die etensuur.

“Ek is altyd geboelie en het baie kwesbaar gevoel. As gevolg van die boelies het ek nie vriende gehad nie en ek was die hele tyd eensaam en alleen,” het sy vertel.

Sy meen dié app sal verhoed dat kinders alleen en verwerp voel.

“Dis baie privaat omdat dit oor jou selfoon gebeur. Niemand anders hoef te weet nie. Jy weet ook dat ander jou nie sal uitjou sodra jy saam met hulle by ʼn tafel wil aansit nie,” het sy bygevoeg.

Hampton sê ook die app het reeds positiewe reaksie ontvang. “Leerder reël al reeds ‘openbare’ etes en ek is opgewonde om te sien hoe dit ander se lewens kan verander.”

Die app is nog net beskikbaar vir iOS. Laai die app vir Apple iOS hier af.

Lees meer oor die “Sit with us”-app.

Bron: Huffington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anre ·

Aaaah, dis amazing!! “Be the change you want to see in the world”… :)

Lee ·

Dis cool. My kind het vriendinne wat haar net ken wanneer die ander niks met hulle uit te waai wil hê nie. Sit ook pouses alleen want sy is maar ‘n stil kind. Die sal haar baie help.

Heleen ·

Kinders kan so ontsettend wreed wees. Ek hoop hierdie “ongewilde” kind het groot sukses met haar App en word sommer skatryk daardeur. Die populere kinders is nie altyd die grootste suksesse later in die lewe nie. Dikwels is dit die “lelike eendjies” wat die swane word. Net jammer vir die seerkry waardeur hulle voor dit moet gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.