Geestelike aandagafleibaarheid

image-1535548_1920Ek het aan die hand van die tipiese simptome van ADHD probeer kyk hoe vaar ons as Christene met ons “geestelike aandagafleibaarheid”:  met ons aandag wat maklik dwaal, hiper of te veel gelyke aktiwiteit en impulsiwiteit.

Byvoorbeeld:

God vra eenvoudig: “soek My koninkryk”!  Sou jy sê jou aandag word maklik afgelei of weggetrek van hierdie taak? Ek weet ék sukkel soms om bewustelik te fokus en te konsentreer op die detail van hierdie taak.

Dit beteken ek sukkel om die taak klaar te maak en ek maak baie foute omdat ek elke keer, ná iets of iemand se opinie en idees my aandag afgetrek het, weer terug moet gaan na: waar was ek nou weer?

Ek lei aan vergeetagtigheid omdat ek impulsief besig raak met ander dinge wat nie die prioriteit van God se hart is nie.

Soos ek dit verstaan, verkies iemand met ADHD om te spring tussen verskillende take. Seker maar soos ons wat net gou die whatsapp-boodskappie antwoord, terwyl ek hier met iemand staan en gesels of met die een oog op Facebook loer terwyl ek eintlik bid. Selfs al het navorsing dit nie wetenskaplik bewys nie, weet ek in my eie lewe dit vat langer om te spring tussen take (multi-tasking) as om die take na mekaar een vir een met onverdeelde aandag klaar te maak!

Iemand met ADHD kan interessant genoeg kies waaraan hy sy aandag wil gee! As hy geforseer word om iets te doen, is dit regtig moeilik om gefokus te bly, maar hy kan ure lank besig wees met dit wat hy geniet. Is jy een van die Christene wat jouself rondjaag met ʼn houtlepel en sweep en ʼn lys van “moet-dit-en-moenie-dat”?  Ek dink dis waarom ons wilgeeGod vir elkeen van ons die keuse gee of jy ʼn wilvolgdisspel wil wees of nie. Bereken die koste en kies.

Ek weet ons het die vryheid om met God te praat wanneer ook al en waar ook al, maar soms is hierdie einste vryheid vir Christene soos ek, met geestelike aandagafleibaarheid (wat sukkel met tydsbestuur en om te beplan en te organiseer), die einste ding wat my so los maak van enige voorskriftelike wet, dat ek my eenkanttyd met God ook geheel en al net los. ʼn Lewensritme waar die belangrikste dinge eerste in my lewe en tyd ingesement word, gee weer vastigheid onder my voete.

Ons hoef nie slagoffers te wees van geestelike aandagafleibaarheid nie. Nie met ʼn wonderwerkbrein soos die een wat God vir ons gegee het nie. Maar ons het die verantwoordelikheid om FOKUS te oefen en te behou. Sodat ek met my hele hart en my hele verstand en al my krag my oog op Jesus, die Begin en Voleinder van my geloof, enduit gevestig kan hou met die belofte van: dan sal jy, selfs aan die einde van ʼn mal besige jaar, nie geestelik moeg word en uitsak nie!

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Goeie nuus, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.