Geld van Bobby, Karlien-program ‘soos manna uit die hemel’

Bobby en Karlien van Jaarsveld (Foto: VIA)

Bobby en Karlien van Jaarsveld (Foto: VIA)

Die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle (Nylstroom) kan vanjaar “kop bo water hou” danksy die VIA-werklikheidsreeks Bobby en Karlien: In jou skoene.

Die gewilde Van Jaarsvelds het in die eerste episode van dié reeks wat op 11 Januarie op die VIA-kanaal uitgesaai is, die kinderhuis vir twee dae besoek om tyd in dié jongmense se skoene deur te bring.

Meer as R57 000 is teen Dinsdagmiddag op die aanlyn geldinsamelingsplatform Candystick ingesamel. ʼn Profiel op dié platform is direk ná afloop van die episode geskep om die kinderhuis met finansies te probeer ondersteun.

Dié geld is nie vir luukshede nie, verduidelik die kinderhuis se uitvoerende hoof, Gerda van der Merwe.

“Ons gebruik dit om te oorleef,” vertel sy. “Dit gaan nie vir ons oor luukshede of enigiets anders nie – dit gaan oor oorlewing. Met die ongelooflike kosteverhoging op alles, waaronder kos, elektrisiteit en brandstof die ergste, gaan die geld ons help om kop bo water te hou.”

Van der Merwe sê daar was groot navraag oor die kindershuis se mentorsprogram. Dié program laat individue toe om geld aan ʼn spesifieke kind of kinders te skenk wat dan eindelik bydra tot die versorging van die kinders. In ruil daarvoor kry die skenkers gereeld nuus oor hoe dit met die kinders gaan.

“Buiten die R57 000 wat op die platform ingesamel is het ons reeds debietorders van R2 900 in die mentorskapprogram geteken. Ons inkomste het verlede jaar ʼn groot afname getoon en ons is ongelooflik dankbaar vir die program.”

Sy sê die koste om dié kinderhuis te bestuur is rofweg R12 miljoen per jaar vir ongeveer 170 kinders. Daar word ook voorsiening gemaak vir nuwe kinders in die kinderhuis.

“Ons grootste uitdaging tot op hede is kos en die munisipale rekening. Ons het ons eie groentetuin begin waaruit ons Desember pampoene en waatlemoene kon oes, en talle van die boere in die omgewing is baie vrygewig met hulle oorskot-oes. Kos bly nietemin ʼn stresfaktor.”

Volgens Van der Merwe het Bobby en Karlien, wat ook “beskermhere” vir die kinderhuis is, ʼn blywende indruk op die kinders gelaat. “Dit beteken vir ons baie dat hulle na ons gekom het hier ver op die platteland om te help, en ons sal dit beslis nie vergeet nie.”

Skenkings op die Candystick-platform is nog vir agt dae oop. Om betrokke te raak, besoek Candystick.

Vir meer inligting oor Abraham Kriel op Modimolle of om direk betrokke te raak, besoek die webwef.

*Van der Merwe vra indien skenkings aan die kinderhuis gemaak word, dat Modimolle spesifiek aangedui word aangesien die geld andersins na enige van die ander drie takke in die land kan gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Karen ·

Is dit nou regtig nodig dat die twee so in die publiek se kele afgedruk word…..

Anel ·

Ja Karen dit is. Gaan kyk self die program en hou op oordeel. Genade, hulle doen iets goed en jy vra so ‘n belaglike vraag

Jay ·

Hoe word hulle in die publiek se kele afgedruk, Karen? As mens nie hou van wat die opskrif sê nie, kan mens mos maar net aanbeweeg. Ek wonder of jy ook soveel vir ‘n kinderhuis, of enige ander liefdadigheidsorganisasie, doen.

Ruby ·

Karen, sluk jou kortsugtigheid.

Dit is juis wat Bobby en Karlien wil tuisbring….dit gaan nie oor hulle nie! Hulle loop bloot in ander se skoene en probeer ‘n verskil maak!

Wat het jy al gedoen?

Se maar net ·

Ek wonder of dit jou reaksie sou wees indien dit iemand anders was wat die program aangebied het bv. Juanita du Plesis of Bok van Blerk of Steve of enige ander bekende sanger of sangeres. Kyk verby wie die program aanbied en kyk waaroor dit gaan. Dit gaan oor BAIE meer as Karlien en Bobby. Die van Jaarsvelds het die idee gekry en die veldtog geloods om GOED te doen vir ander mense en om tyd uit Hulle besige skedule af te knyp om vir my en jou wat nie dit doen nie te wys wat die nood daar buite is. Nie een van die ander bekendes het hieraan gedink nie.

Dis vir my tragies hoe mense ander mense wat probeer goed doen vir die sameling afbreuk deur jaloesie, oordeling en afguns. As julle nie van die 2 hou nie, moet nie die berigte lees nie, so een voudig soos dit. Hou verby.

Dis vir my uiters hartverskeurend hoe vandag se samellewing niks goeds gun vir ander mense nie, en ek praat nie eers van die 2 wat die aanbieders is nie.

Amanda ·

Ons is almal geregtig op ons opinies oor mense maar kom ons kyk eerder na die goeie dade wat hulle doen. Vergeet van jou gevoelens oor die mens en sien die goeie raak. As ons meer die goeie in mense raak sien sal die lewe dalk ‘n beter plek wees.

Lientjie ·

Ek haal my hoed af vir die personeel van die Kinderhuis, ek het in een groot geword en glo my as dit nie vir daai personeel en die ondersteuning is wat ek gekry het nie was ek heel waarskynlik nie so gelukkig en gesond vandag nie. Baie van daai kinders eindig op in die tronk of is dwelm verslaaf. EK WEET het dit gesien en sien dit nog elke dag. Dankie julle 2 mensies….

schalk ·

Stem saam beweeg aan as jy negatief wil wees. Kinders bly kinders en enige vorm van uitreik en help moet waardeer word. Moenie persoonlike gevoelens gebruik om goeie dade te oordeel nie.

Erika ·

Ek het gesit en huil toe ek die program kyk. Daardie kinders is so positief. Dankie Bobbie en Karlien, ek het nuwe respek vir julle. Deurmiddel van die program leer jy meer die mens agter die sanger of verhoogpersoonlikheid ken. Ironies mense oordeel maar hulle ken nie die persoon in die werklike lewe nie.

Marinda ·

Ek stem saam Erkia. Die program is vir my ‘n hoogtepunt en bied baie stof tot nadenke. Dit is juis omdat julle so oopmaak en vir ons wys wat se soort mense julle is wat ons geniet. Doog gewone familievaste mense wat omgee vir mekaar ander en wat self deur die seerkry van die lewe moet werk. Bobby en Karlien, kyk verby diegene wat altyd ‘n vinger wys, (dit is maar hulle gewoonte om niks goed in ander raak te sien nie) en gaan aan met julle goeie werk. Sterkte.

chantel ·

Dink ons almal kan eerder sê geluk met ‘n uitstekende program!! En dankie vir alles wat julle insit om ‘n verskil te maak!

Moira ·

Jinne mense laat die son oor almal skyn. Laat ons in vrede en liefde lewe. As iemand maak nie saak wie nie iets goeds kan doen vir ander laat dit so wees. Ons lees net altyd oor wat weggevat word van mense en as iemand geseen kan word laat dit so wees.

Loslip ·

Dink net hoeveel meer fondse ingesamel sou word, indien kunstenaars soos Coenie de Villiers, Steve, Juanita ens aangewend was, ipv hierdie tweetjies.

Klippies ·

Loslip: ek dink regtig jou kommentaar is nou regtig ongevraagd… Hierdie program was Bobby en Karlien se idee, so gee hulle die krediet. Ek hou ook dalk meer van snder bekendes masr regtig, niemand anders het besluit om so iets aan te pak nie. Ek dink regtig die program os wonderlik. Ek wens net mense wil ophou om aan te hou klippe gooi… geniet net die program. As jy nie van die aanbieders hou nie – gaan kyk iets anders. Hierdie tweetjies maak met hulle dade ‘n verskil…

Loslip ·

Ag jammer ou Klippies maar ek het nog nooit as te nimmer gedink dat dit nodig is, nog minder dat dit die moeite werd sal wees, om klippe in die rigting van die Van Jaarsvelds te gooi nie.
Ek is gewoon oortuig daarvan dat daar talle beter en meer geloofwaardige aanbieders vir hierdie goeie saak, as Derek Hougaard se gewese vrou en haar boetie is.
Is maar hoe dit is ou Klippies.
:-))

E.K. - ek sê net! ·

Loslip – die FEIT is die Van Jaarsveld HET ‘n program gemaak en die klomp wat jy noem het NIE! Vergeet nou van die Van Jaarsvelds en wees “nice” en skenk bietjie geld. Selfs R100 sal ‘n groot verskil maak. Glo my jy sal SO goed voel oor ‘n klein bietjie hulp.

Weereens ·

Se maar weereens, kom maak bietjie ‘n draai hier in 2017 daar van 1988 af…..

E.K. ·

Dankie Maroela vir hierdie – mag die publiek hul beursies aanhou oopmaak vir kinderhuise en man, raak betrokke, dis sooo lekker om gereeld iets te gee vir kinders wat maar eintlik amper niks het nie. Elke sent tel, elke koekie seep of bottel skoonmaakmiddel wat jy stuur help! DOEN dit en dankie aan die wat hul harte oopgemaak het. Ek weet watter wonderlike werk Gerda, Marina en die res van die personeel doen – soms onder baie moeilike omstandighede. En vergeet tog nou asb hoe jul oor die aanbieders voel,minstrens het hulle iets gedoen om aandag te fokus op die kinderhuis!

Lizelle ·

Ek hou baie van Bobby maar niks van Karlien maar dit wat die 2 saam gedoen het vir die kinderhuis is fantasties.

Lizelle ·

Ek kan nie wag om te sien of enige ander organisasies ook so gehelp gaan word deur hulle nie. Dit is die eniste rede hoekom ek sal aanhou kyk.

rêgtig ·

Lizelle ken jy daai van, as jy nie iets goeds het om te sê nie bly eerder stil! Ken jy haar persoonlik dat jy sê jy hou nie van haar nie? kom ons fokus op die positiewe, die lewe is bitter genoeg. En wie is ons om enige iemand te oordeel

Alida ·

Ek is bly daar is mense wat nog dink hulle is gewild. Mens het seer sekerlik ‘n keuse van wie jy hou of nie. Hierdie twee is defnitief nie op my lysie nie.

tom ·

Snaaks om te sien hoeveel negatiewe kommentaar hier is !

Karlien en Bobby het te minste iets gedoen wat niemand anders gedoen het nie en dis als vir n goeie doel mense , en die geld wat ingesamel is is n bewys van wat gebeur as n mens saam staan ongeag of jy van Bobby of Karlien hou !

My geldtjie gister al gegee!

Sanet ·

Die oomblik as bekende mense iets goeds doen en dit aan dan uitblaker aan almal “oe kyk hoe goed is ek, kyk hoe help ek die behoeftiges” dan het dit ‘n bemarkingsfoefie geword en kom dit verseker nie uit die “goedhartige bekende” se hart nie. Het nog altyd van Bobby gehou, maar na hierdie program (en sy kinderagtigheid op The Voice) kan ek hom net so min verdra soos sy suster met haar sopstories.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Sanet – jy hoef nie van die Van Jaarsvelds te hou om die kinderhuis te help nie. Dink daaroor.

marietjie ·

Sanet weet jy jul klom wat so kla en kerm en afbrekend is, gaan vee eers voor jul eie deure voor jul ander wil kriteseer. Hoeveel het jy ja jy in jou lewe gedoen vir iemand anders. Maak nie saak wie of wat hul is nie, hul is ook mense maak menslike foute. Almal wat hul so kriteseer het of steeds op n stadium van hul musiek gehou. So gun hul plekkie in die son, en die son wat hul oor ander laat skyn. Gaan sit en vra jouself hoe kan ek n verskil in iemand anders se lewe maak. J het nie geld nodig om dit te doen nie. Se net vandag vir die Here dankie

Ekke ·

Sanet, het jy moontlik al die feit oorweeg dat indien dit nie op ‘n TV program uitegsaai was, nie so baie mense sou skenk en bewus gemaak word nie?
Dink, voor jy tik, voor jy post!

LS ·

Regtig mense, hierdie is nie ‘n wie hou van Bobby of Karlien nie !!!
Hierdie is die GOED wat gedoen word vir die mense wat dit nodig het, onder andere die kinderhuis. Hulle kan darem nou kop bo water hou !!! Goeiste, kom net by in die lewe !!! As julle niks goed te sê het nie BLY EERDER STIL. EK SKAAM MY VIR JULLE ALMAL WAT NEGATIEWE KOMMENTAAR LEWER HIER, SIES VIR JULLE !!!

Dankie Bobby en Karlien, julle maak ‘n verskil in die wêreld, God seen julle , en mag Hy die wat so negatief is vergewe.

kat ·

AI MENSE as julle maar net weet van die kinders daar is klein babas tot groot kinders dit is vir my hartseer om hulle daar te sien.So as enige iemant hulle lewe net een dag wil op helder en verbeter, go fot it ons is almal veral ons onder druktes af hanklik vir oor lewing in die korupte suid afrika

Alida ·

In my bybel se dit as jy goed wil doen moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie. Mens basuin nie vir die wereld uit as jy goed doen nie. Hierdie twee soek aandag en is altwee uiters kinderagtig. Hanna Grobler doen wonderlike werk vir minderbevoorregtes maar basuin dit nie uit. Dit noem mens styl en klas.

E.K. ·

Alida – jy is verkeerd – Hanna was al op vele tv-programme en in vele tydskrifte oor haar geldinsamelingsprojek. As mense nie lugtyd of blootstelling in tydskrifte/keorante kry hoe sal mense weer en weer bewus gemaak word van dit? Ek is saam met ABraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom bitter bly dat hierdie program gemaak is. Jou opmerking is ongevraagd – gaan sit liewer en skenk ‘n paaar rand aan die kinderhuis.

RS ·

Kom ek stel dit so : ek weet nou wie is Bobby en Karlien en ek weet van die kinderhuis en waar en hoe ek geld kan skenk aan die behoeftige kinders, wie is Hannah en watter projekte doen sy?
Die punt is blootstelling en bewusmaking.

Hoe ·

Ok Alida, so as hulle dit stil stil gedoen het, dink jy die kinderhuis sou die amper R50K donasies ontvang het? Dit gaan juis oor die blootstelling om MEER mense bewus te maak. Word asb net bietjie wakker, magtig man!

as jy nie iets goeds kan se bly eerder stil ·

why be negative when you can be positive… spreek lewe en liefde en laat staan die lelik …. woorde dra krag so spreek lewe!

Piet Pompies ·

Ons gesin het die program gekyk en is dankbaar dat mense hulle kosbare tyd opoffer en persoonlike lewe openbaar maak sodat behoeftige mense daardeur kan baatvind. Gedurende die program het ons gesin wat gekyk het stil geword wat aandui dat dit ‘n impak op hulle het.
Doen so voort met julle werk, ons sal julle ondersteun in die positiewe verskil wat julle in ander mense se lewe wil maak.
Vir die wat so kla, klim uit jou gemaksone en gaan besoek self ‘n kinderhuis, ek dink jy sal jou kommentaar wysig.

GE ·

Die Konstitusie van Suid-Afrika waarborg vryheid van spraak. Dit is dus die reg van elkeen hier om sy eie mening of opinie te lug. As jy nie daarvan hou nie hoekom persoonlike aanvalle rig? Dis menslik om almal oor te haal om jou opinie as die regte een te aanvaar, maar moenie persoonlik raak nie. Kom ons los maar al die ge-eikte bybelversies, nie almal op die platvorm glo dalk in God nie, dus beteken dit vir hulle absoluut niks nie. Die persone wat teen die van Jaarsvelds is het nêrens gesê die kinderhuis moet nie gehelp word nie. Hulle spreek die manier waarop dit gedoen word deur die van Jaarsvelds en hulle motiewe daaragter aan, reg of verkeerd. Gun elkeen die reg op hulle eie opinie sonder om persoonlik en kwetsend te raak. Mens kan nie bybelversies aanhaal en dan neerhalend van ander praat nie. Kyk verby die persoon en spreek hulle opinie aan deur dit te weerspreek deur feite. Ek is seker as jy feite weergee sal almal jou siening respekteer.

Piet Pompies ·

Aangesien GE na die wet verwys, as van die mense wat kommentaar lewer nie met Bobby en Karlien se motief saamstem nie, moet hulle kan bewys volgens wet dat hulle motief nie reg is nie, ek sien geen sulke bewyse. So van die kommentaar is gegrond op ‘n opinie en ‘n opinie is nie noodwendig die waarheid.
Dit klink vir my eerder soos ‘n blikkie met ‘n klippie in geskud word, dit maak geraas maar het geen doel.

Loslip ·

Haai ou Piet Pomp ek dink weer dit is jou blikkie se klippe wat met vals note raas.
Ek het selwers my kinderjare in ‘n weeshuis deurgebring. Daarom is my familie en ek soos derduisende ander mense wat daai roete geloop het, reeds vir jarre der jarre besig om die pyne van weeshuislewe meer draaglik vir die ongelukkiges te PROBEER maak.
So is daar talle kunstenaars en bekendes wat ook vir jarre der jarre met diesefde dinge besig is – gode sy dank! Hulle het ook nie al die gedruis van tv programme nodig om hul wonderlike en gewaardeerde bydraes te maak nie. Hulle doen dit sommer omdat dit nog altyd die regte ding is om te doen.
Sommerso. Sonder om hul klippies en geroeste blikkies te loop skud.

Liza ·

Kan nie wag vir die volgende program nie!!! Het vasgenael gesit vir ‘n uur en ‘n half! Baie dankie vir die bewusmaking!

Moegviraldiebeloftes ·

Sal beslis nie weer kyk nie die 1ste 10 min het vir my gevoel soos ‘n eeu – het baie meer verwag agv advertensies en onderhoude wat gevoer is voor die uitstaai van die program. Ons stel nie belang in wat in hulle huis gebeur nie en om amper ‘n uur te moet wag om te sien wat die “loopskoene” gaan wees was hopeloos te lank – nee wat ek het baie beter dinge om met my tyd aan te vang. Ons as ‘n gesin help ook maar niemand weet daarvan nie en so wil ons dit hê. Plaas dat daar ‘n reeks vertoon word oor die Rotary international groep, die Salvation Army en ander welsyns organisasies gemaak word.

Santie ·

Bobby en Karlien, as iemand nie téén jou is nie, is hulle VIR jou. En hier was darem net ‘n paar wat teen julle is. Dus, die res is almal VIR julle. Hou aan met jul goeie werk, en hou julle harte sag.

Alicia ·

Fantasties julle en Via !!!! Hou so aan !!! ek kan nie wag vir die volgende episode nie.

Johann ·

Hier gaan ons alweer. Lekker media dekki g vir die “gewilde van jaarsvelds” aldus die artikel! Dis n TV PROGRAM wat GELD maak…teks wat aan die AKTEURS gegee word. Hulle word BETAAL! EN DIT WAS NIE HULLE IDEE NIE! Dis als deel van n “pitch” vir n program om soveel moontlik blootstelling te kry VIR DIE TWEE….die res is n bysaak. En R57 00? Vergeleke met wat die akteirs en Produksie maatskappy maak? Nog n groter gly in arme Karlien wat so deur die media verslind word….SKAAM JOU!

Ria ·

Ek wil dankie se vir Karlien en Bobby, julle het my geleer on weer dankie te se vir alles wat ons maar net aanvaar, dankie dat ek nie in kinderhuis grootgeword het nie, dankie dat my kinders in liefdevolle huis groot geword het, dankie dat ek ek al die mooi kan sien, dankie dat ek alles het. Wonderlike program Bobby en Karlien, julle my oe weer oopgemaak.

Mellie ·

Wens bekendes/akteurs was so gretig om hul gewig (tyd en geld!!) agter hawelose, verminkte en mishandelde DIERE ook in te gooi!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.