Geliefde sepie-aktrise word weer ma

Desiré Gardner (Foto: kyknet.dstv.com)

Desiré Gardner (Foto: kyknet.dstv.com)

Die aktrise Desiré Gardner het Maandag die lewe geskenk aan ʼn gesonde babadogtertjie.

Gardner se man, Chris, het aan kykNET vertel hul bondeltjie is in die Mediclinic Panorama in Kaapstad gebore.

Klein Robin het glo ʼn stewige 3,19 kg met geboorte geweeg.

Gardner het in April vanjaar ʼn sterbelaaide ooievaarstee gehad.

Die egpaar se eersteling, James, het in Mei vanjaar vier geword.

Die aktrise is deesdae te sien in die kykNET-sepie, Suidooster, nadat sy verlede jaar weg is by Binnelanders om na die Kaap te trek.

Kykers van dié gewilde sepie kan vanaf Juliemaand uitsien na nóg meer Suidooster-familiedramas omdat die sepie voortaan vier keer ʼn week op die kassie te sien is.

Die vierde episode op Donderdae sal om 18:00 op kykNET en kykNET & kie gebeeldsaai word, met ’n herhaling om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word op Sondae om 14:00 op kykNET & kie gebeeldsaai.

Suidooster is ook Maandag, Dinsdag en Woensdag in die 20:00-tydgleuf op kykNET & Kie (DStv kanaal 145) te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ma ·

So bietjie moedersmelk vir rooi kolletjies op ooglid, dit verdwyn soos mis voor oogies. Baie GeLuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.