Geloftedag 2017: Hier is jou naaste Geloftefees

Foto: Voortrekkermonument

Duisende Suid-Afrikaners landwyd maak vanjaar weer gereed om Geloftedag op 16 Desember te gedenk.

Dié dag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 afgelê het voordat 470 Voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes by Bloedrivier aangeval is. Die Trekkers het dié veldslag oorwin en slegs een Voortrekker, die leier Andries Pretorius, is lig beseer.

Die gelofte is afgelê toe die Trekkers vóór die slag die Here gevra het om hulle te help in die geveg. Hulle het ʼn gelofte afgelê en onderneem dat hulle elke jaar 16 Desember as sabbat sou herdenk as die Here hulle sou help.

Geloftedag is wel jaarliks ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om byeen te kom om dié gelofte te gedenk, maar ook vir Suid-Afrikaners om weer hul verbintenis aan die gelofte te bevestig.

Dié lys bevat Geloftefeeste oor al nege provinsies. Vir meer feeste, besoek die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se webwerf of die Geloftefees-kalender.

Vrystaat

  • Theunissen: NG kerk-Wes om 09:00. Prof. Piet Strauss (prediker).
  • Kroonstad: Randjieslaagte-plaas (35 km uit Kroonstad) om 09:00. Ds. Marius Ellis en dr. Hannes Els (predikers).
  • Bloemfontein: Vrouemonument om 09:00. Ds. Johan Schutte (prediker) en dr. Jackie Grobler (spreker).
  • Bloemfontein: Rietfontein-plaas om 09:00. Ds. Pierre Stoltz (prediker).
  • Bethlehem: Laertrek Geloftefeesterrein om 10:00. Ds. Koen van Rensburg (prediker) en ds. Ruan Combrink (spreker).
  • Heilbron: Vegkop Slagveldterrein om 09:00. Ds. Tommie van Vuuren (prediker).
  • Clocolan: Clocolan Skouterrein om 09:00. Ds. Jan Russouw (prediker) en dr. Arnold van Dyk (spreker).
  • Oranjeville: Saambou Geloftefeesterrein om 09:00. Ds. Marcel Floor (prediker).
  • Kroonstad: NG Moederkerk om 09:00. Dr. Danie Langner.
  • Philippolis: NG kerk om 09:30. Ds. Schalk Albertyn (prediker).
  • Bloemfontein: Bergkraal Geloftefeesterrein om 11:30. Ds. Andre van der Berg (prediker).

Limpopo

  • Groblersdal: DLU-saal om 09:00. Ds. Christo Jooste (prediker) en Buks Barnard (spreker).
  • Baltimore: Baltimore-gemeenskapsaal om 08:30. Ds. Malan Storm.
  • Tzaneen: Fontein-plaas – 12 km op R71 vanaf Tzaneen om 09:00. Ds. PR Buitendag.
  • Levubu: Levubu Boeresaal om 18:00. Ds. Petrus Kriel.
  • Dendron: Driedoornhoek Geloftefeesterrein om 09:00. Ds. Cornel Nagel (prediker) en Fanie Grobbelaar (spreker).
  • Gravelotte: Kwaggasnek Geloftefeesterrein om 09:00. Ds. Cobus van Jaarsveld.
  • Ellisras: Sarahbell Feesterrein om 09:00. Dr. Daan van Wyk.
  • Leeupoort: Leeupoort Karavaanparksaal om 10:00. Ds. Roelf Smit (prediker) en Barend Uys (spreker).
  • Duiwelskloof: NH kerk Duiwelskloof om 09:00. Ds. L Pienaar.
  • Potgietersrus: Piet Potgietersrus Geloftefeesterrein om 09:00. Ds. Paul Moller (prediker) en Andre Alkema (spreker).
  • Pietersburg: Doornkraal Feesterrein om 09:00. Ds. Joleen Marx (prediker) en Louina Marais (spreker).

Mpumalanga

  • Marble Hall: Spioenkoppie Geloftefeesterrein om 09:00. Ds. Petrus van Nieuwenhuizen.
  • Nelspruit: NG Suid Geloftefeesterrein om 09:00. Dr. Jean Strydom.
  • Greylingstad: Wilgefontein Geloftefeesterrein om 09:30. Ds. Adri van Staden (prediker) en Barend Pienaar (spreker).
  • Badplaas: NG kerk Badplaas om 09:00. Ds. Anton Ferreira.
  • Belfast: Belfast Geloftefeesterrein om 10:00. Bel Gerhard Kotze by 071 609 9266.
  • Delmas: AP kerk Delmas om 09:00. Ds. Chris Kruger. Bel Annatjie Bothma by 083 415 1470.
  • Dullstroom: Hervormde kerk Dullstroom om 10:00. Ds. Lukas Steenkamp. Bel Paul Pieterse by 083 545 4757.
  • Hendrina: Hendrina Geloftefeesterrein om 09:30. Bel Meyer de Jager by 082 773 2143.
  • Leandra: Feessaal op Eendracht om 09:00. Dr. Samuel Louw. Bel Louw by 082 465 4725.
  • Machadodorp: Elandsfontein Feesterrein om 09:00. Ds. Jurie Venter. Bel Izak Davie by 083 701 2243.

Noordwes

  • Rustenburg: Gereformeerde kerk Rustenburg-wes om 09:00. Ds. Ockert Oosthuizen (prediker) en Victor Schultze (spreker).
  • Lichtenburg: Laerskool Burgersdorp om 09:00. Ds. Dawie Jacobs.
  • Brakkloof: Ou Brakkloof Laerskool om 09:00. Prof. Dreyer (prediker) en Willem van Deventer (spreker).
  • Akasia: Jopie Fourie-terrein om 08:00. Ds. Theunis Coetzee (prediker) en prof. JS Malan (spreker).
  • Derby: ACVO-skool Derby om 09:00. Ds. Louis Alberts (prediker) en Orten van Jaarsveld (spreker).
  • Viljoenskroon: Dewetsdrif Feesterrein om 10:00. Ds. Peet Krause (prediker) en dr. Pieter Groenewalt (spreker).
  • Bokfontein: Bokfontein-plaas om 09:00. Ds. Bertho Boshoff (prediker) en dr. Stoffel van der Merwe (spreker).

Gauteng

  • Krugersdorp: Paardekraal Feesterrein, Krugersdorp, om 06:00. Dr. Hein Delport en ds. Johan van Wyk (predikers) en prof. Hendrik (spreker).
  • Vanderwatering: Eendracht-feessaal op Eendracht in Leandra om 09:00. Ds. Markus Pretorius.
  • Pretoria: Voortrekkermonument om 09:00. Ds. Cassie Aucamp.
  • Pretoria: Rooihuiskraalterrein, Rooihuiskraalweg, Centurion, om 09:00. Ds. Frikkie van Wyk en Annemarie Carelsen (predikers).
  • Pretoria: Gereformeerde kerk in Wonderboompoort om 08:55. Ds. Pieter le Roux en ds. Gustav Opperman (spreker).
  • Randburg/Linden/Northcliff: Albert’s Farm-feesterrein om 09:00. Ds. Burger.
  • Hartbeespoort: Hervormde kerk in Hartbeespoort om 09:00. Ds. Werner Venter.
  • Vanderbijlpark: Hervormde kerk, Piet Retief Boulevard, om 09:00. Ds. Norma Rossouw.
  • Kempton Park: Gereformeerde kerk Noord-Oosrand. Op die hoek van Elm- en Watlestraat. Ds. Peet van der Walt.
  • Kempton Park: AP kerk in Rietfontein. Pioneerstraat, Glen Marais. Kerkgangers kan vanaf 07:30 kom vir koffie en beskuit. Die diens begin om 09:00. Ds. Du Preez en ds. H Dafel.
  • Carletonville: Carletonville Feesterrein (Ou Voortrekkerterrein) om 09:00. Ds. Hansie Janse van Vuuren. Skakel 082 851 0818.
  • Germiston: APK Oosrand (hoek van Medlar- en Bardiasstraat, Primrose) om 09:00. Bel Chris Jansen van Vuuren by 082 901 0508.

Wes-Kaap

  • Clanwilliam: Seekoeivlei Feesterrein om 09:00. Herman Nieuwoudt (prediker) en ds. Sarel Cilliers (spreker).
  • Vanrhynsdorp: Lankverwacht-gasteplaas om 09:00. Ds. Jan Fourie.
  • Glentana-Outeniqua: Kobus Hattingh-saal, Glentana, om 09:00. Dr. Gerdrie van der Merwe.
  • Plettenbergbaai: NG kerk in Plettenbergbaai, Wittedrif, om 09:00. Ds. Chris du Preez.
  • Mosselbaai: Mosselbaai-stadsaal om 09:00. Ds. Danie van Wyk (prediker) en Lourens Joubert (spreker).
  • Tygerberg: Evangelies Gereformeerde kerk in Tygerberg om 09:00. Ds. Ian Coetzee.

Noord-Kaap

  • De Aar: AP Kerksentrum, De Aar, om 09:00. Dr. Reyno Louw.
  • Barkley-Wes-distrik: De Kuile Geloftefeesterrein. Plaas De Kuile tussen Boetsap en Reivilo. Vanaf 07:30. Eeufeesrede deur dr. Dirk Hermann. Diens deur ds. Pieter le Roux. Bel Pieter Botes by 071 672 9653.
  • De Aar: APK-sentrum om 09:00. Dr. Reyno Louw.
  • Kimberley: APK Kruisgemeente (hoek van Queens- en McDougallstraat om 09:00. Ds. Danilo Stoltz. Skakel 084 444 4417.
  • Upington: Volle Evangelie-kerksaal (Derdelaan oorkant Duineveld-suid) om 08:30. Past. Dekker Stadler en adv. Jan van Zyl (feesrede).
  • Orania: Orania Owerpark om 08:30. Ds. Stephan Hoffman en dr. Pieter Mulder (feesrede).

KwaZulu-Natal

  • Pennington: Scottburgh NG kerk om 09:00. Ds. Louis Radyn.
  • Dundee/Vryheid: Bloedrivier Geloftefeesterrein (tussen Dundee en Vryheid) om 09:00. Ds. Willem van der Merwe en Werner Webber (feesrede).
  • Durban: NG kerk Balito om 09:00. Ds. Thomas Dreyer. Skakel 083 252 8242.
  • Margate: AP kerk Suidkus (Alexanderweg 58) om 08:00. Bel Kobie Jacobs by 039 313 5181.
  • Pietermaritzburg: AP kerk (Bowkerweg 30) om 09:00. Ds. Christiaan le Roux. Skakel 033 394 2128.
  • Ramsgate: Ramsgate-swemstrand om 09:00. Dr. Mike Heaney. Mense kan die diens in stranddrag bywoon. Bel Wessel Pretorius by 082 318 6195.

Oos-Kaap

  • Kouga: Remkloof-plaas naby Gamtoosriviermond in die Oos-Kaap om 10:45. Ds. Gideon Aggenbach (prediker) en prof. Pieter van Niekerk (spreker).
  • Alexandria: Karel Landman-monument (tussen Alexandria en Paterson) om 10:00. Bel Marie Greyvenstein by 073 232 3334.
  • Queenstown: Tafelberg 30 om 09:00. Bel Kallie Knoetze by 084 413 6066.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henriët Jacobs ·

Noord Kaap naby Groblershoop by !Kheis Riverside Lodge. Erediens, spreker Louis Bothma, perderit. Elke jaar.

anton ·

Ek wonder werklik hoeveel mense besef hoe BELANGRIK die GELOFTE is wat ons as nageslag instand MOET hou???
Dit is van kardinale belang dat ons dit nakom aan God!!!
Ons moet ons self net soms die vraag af vra? Hoekom gaan dit so sleg met die land en die Afrikanerdom?
Ek weet van bitter baie jongmense wat nie eers weet waaroor die dag gaan nie en baie volwasse mense wat nog nooit die dag instand gehou het nie.
Weet mense wat dit beteken om n GELOFTE teenoor God te maak???

lizl ·

Ek gaan die berig met datums versprei… hoop ons het `n goeie opkoms !

Blommie ·

Kyk nou so na die verskillende plekke waar feeste gereël is in KZN daar is nie een fees in die DURBAN METROPOOL gereël nie. Wel in PMB en BALLITO. Ek onthou in 1989 met die 150ste herdenking van die groot trek van 1938 dat ons op Kuswag se skool veld en by die MEREBANK konsentrasie kamp grafte met ossewa en trekker drag die Gelofte fees gehou het. Dit sou so waardeer word as in die onmiddellike omgewing van Durban feeste gereël kon gewees het.

Hendrik vd Westhuizen ·

GELOFTEDIENS IN DIE MOOT

In die Moot in Pretoria sal daar Geloftedienste wees soos gereël deur die drie Afrikaanse Susterskerke.
Ds Jacques Myburgh is die prediker en kan gekontak word by 061 988 5948.
Die diens sal plaasvind in die NG Kerk Queenswood in Garretstraat Queenswood. en begin om 09:00 op Saterdag 6 Desember

Lize Schlebusch ·

Daar is nog een by Bloemfontein. Hagesdam se rigting op die plaas William’s Trip. Die diens begin 9am. Spreker: dr Jann Schlebusch, prediker: Adi Schlebusch.
Vir meer inligting kan Jann Schlebusch gekontak word 0729593214 [email protected]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.