Geluk aan ons Moedersdag-wenners!

ʼn Werkende ma, veral iemand wat gelukkig genoeg is om haar huislewe en haar werk te kan balanseer, geniet die bevrediging wat haar loopbaan bring.

Talle gesinne word finansieel genoodsaak dat albei ouers moet werk en soms voel dié ma’s of hulle dalk nie genoeg tyd het om by die huis saam met hul kinders te spandeer nie of dat hulle dalk ʼn deel van hul kinders se lewens misloop.

Ons wou by Maroela se werkende ma’s weet wat hulle wenke is om kop bo water te hou, hoe hulle dit regkry om werk en huislewe te balanseer, of iets anders wat hulle doen wat ander ma’s kan help. ʼn Lys van dié wenke sal op Moedersdag gepubliseer word.

Lesers wat ingeskryf het, het die kans gestaan om ʼn bederfgeskenkpak met die komplimente van Placecol en Innoxa te wen.

Placecol en Innoxa bederf drie Maroela-ma’s hierdie Moedersdag met ʼn baie spesiale bederfgeskenkpak vir die ma en haar dogter! Die waarde van elke geskenkpak (Placecol en Innoxa-produkte tesame) beloop R3 580.

Baie geluk!

Baie geluk aan Marizelle Nortje, Clarissa Fernandez Moreno en Hettie Mills wat elkeen só bederfgeskenkpak wen.

Marizelle sê om in die korporatiewe wêreld te wees en ʼn ma te wees is vir seker twee voltydse posisies.

“Ek sou definitief nie suksesvol in al twee kon wees sonder die volgende nie:

1) My ondersteuningsnetwerk is fantasties. My man is altyd ʼn staatmaker asook die oumas en oupas.

2) Ek het geleer om vrede te maak met myself en op te hou ‘mom guilt’ te hê. Ek het besef en aanvaar ek doen die beste wat ek kan en die klein lyfies is lief vir my, maak nie saak wat nie.

3) Ek maak seker ons spandeer kwaliteittyd saam met die kinders elke dag ná skool, of dit nou is om buite te swaai of net om saam in te kleur en oor ons dag te praat; ons sit saam en gesels.

4) Ons sit ook saam om die eetkamertafel elke aand en laat nie toe dat elkeen net op sy eie gaan eet nie.

5) Ek staan vroeg op sodat ek ten minste ʼn uur net vir myself het om my koppie koffie in stilte te kan geniet en my kop om die dag se gebeurtenisse te kan kry.

6) En dan, as alles skeefloop en dit was net ʼn baie slegte dag, kry ons pizza, hê ʼn ‘varkie aand’ (ons bad eers die volgende oggend) en kinders is vroeg in die bed en mamma se voete omhoog met ʼn lekker glas wyn in die hand.”

Vir Clarissa is beplanning die sleutelwoord. “Sorg dat die volgende week se spyskaart reeds teen Vrydagaand beplan is, sodat jy Saterdag alles kan koop en dit Sondag kan gaar maak.. Ek sorg dat alles vooruit beplan is, van vrugte- tot broodaankope. Maak genoeg hoender en maalvleis gaar en terwyl jy wag vir die aandete om warm te word, dan maak jy gou geroosterde broodjies met die maalvleis en hoender vir môre se kosblikke.”

Hettie sê as werkende ma (en alleen mamma) het sy by tye gevoel die stres trek haar “soos ‘n garingdraad wat uitrafel en torring tot ek uitmekaar val”. “Ek is egter ‘n vrou wat weet as ek nie mooi na myself kyk nie, sal my omstandighede my onder kry. Dit is vir my beloning om saans in ‘n warm bad water te klim en myself met ʼn gesigmasker te bederf. Lyfrome en geure bring kalmte in my gemoed, en natuurlik ‘n preek wat ek elke aand luister.

“My dag bestaan uit projekbestuur vir kliënte, voorkomskonsultant, lewensverrigting en as deel van ʼn nuwe projek, het ons ‘n gastehuis gekoop. Ek skryf artikels vir tydskrifte, doen motiverende praatjies en help behoeftiges met skenkings. Dit regtig baie om te hanteer, maar uiters vervullend.”

Hettie sê sy bid elke dag vir haar bediening, werk en kliënte, want sonder God sou sy dit nie gemaak het nie. “Dit is vir hierdie rede belangrik om na jouself te kyk, want uitbranding wys nie net op jou vel nie, maar jou hele liggaamstaal skree ‘oorwerk en onderbetaald’ vir die heelal om vir jou te lag. Mens het net een lewe – laat dit tel!”

Wat ontvang ons drie wenners?

Vir die ma:

Placecol bied bekroonde produkte wat jou vel verbeter. Die Placecol-belofte beteken dat jy binne slegs sewe dae ʼn verandering sal sien as jy die velsorg-roetine (reiniger, verfrisser, bevogtiger en sonbeskerming) volg.

ʼn Romerige velreiniger wat sagkens onsuiwerhede op ʼn sellulêre vlak verwyder, terwyl dit steeds vog bewaar om die vel soepel en sag te hou.

ʼn Verkwikkende verfrisser wat die vel se pH-balans herstel, die buitelaag versterk en jou beskerm teen oksidatiewe skade terwyl jy anti-oksidant-voordele ontvang. Daaglikse gebruik help om die vel se tekstuur en voginhoud te verhoog. Bevat die unieke bestanddeel “Myramaze” (die opwekkingsplant) wat die selmembraan en die vel beskerm. Bevat ook kamille om inflammasie te help verminder. Uitstekend vir teenveroudering en sensitiwiteit.

Dié bevogtiger bied intense hidrasie en verstewig jou vel met ʼn spesiale mengsel van aktiewe bestanddele wat die vel teen dehidrasie-skade beskerm terwyl dit kollageen-sintese stimuleer. Daaglikse gebruik lei tot ʼn jeugdige voorkoms met ʼn gesonde glans. Bevat onder andere “Myramaze” om die vel se tekstuur te verbeter.

Hierdie nagbevogtiger bevat ʼn mengsel van retinol en anti-oksidante om die vel op ʼn sellulêre vlak te herstruktureer. Dit verhoog boonop elastisiteit. Deur gereelde gebruik in die aand sal lyntjies en plooie merkbaar al hoe minder sigbaar word. Bevat die bekroonde, nie-sensitiserende retinol, ʼn teenverouderingsmiddel danksy ʼn toename in sel-vernuwing en die stimulasie van kollageen- en elastienvervaardiging. Die unieke bestanddeel “Myramaze” verbeter die vel se tekstuur deur die selle sterker te maak en die vel te vernuwe. “Volunage” vul die vel.

ʼn Fluweelsagte room wat hoë vlakke anti-oksidante bevat met UVA en UVB-filters om die vel teen sonbrand en vrye radikale te beskerm. Hou die vel goed bevogtig en gee dit ʼn gesonde glans. Perfek vir alle veltipes, insluitend etniese velkleure omdat dit nie die vel asserig laat vertoon nie en dit verander ook nie die kleur van jou onderlaag nie. Bevat die unieke bestanddeel “Myramaze” wat die selmembraan en vel beskerm.

Vir die dogter of tiener:

Die 100 jaar oue Innoxa-velsorghandelsmerk is terug! Die Imbalie Beauty Group het opnuut ʼn reeks eko-vriendelike en nuut-geformuleerde Innoxa-produkte bekendgestel in hul Dream Nails, Placecol en Perfect 10-salonne landswyd en aanlyn. Dié nuwe reeks verpersoonlik die oorspronklike Innoxa-slagspreuk van “First Do No Harm”, wat nog altyd die kernwaarde was van dié ikoniese handelsmerk.

Hierdie daaglikse afskilferaar-reiniger is geformuleer met Safe-Scrub™ druk-sensitiewe pêrels wat bars wanneer druk daarop geplaas word en dan die waardevolle vitamien B in die vel vrylaat. Hierdie reiniger werk sagkens om onsuiwerhede weg te spoel en dooie oppervlakselle te verwyder. Dit laat die vel glad, verfrissend en gloeiend.

Hierdie verfrissende jellie-agtige masker het ʼn dubbele afskilferaar en bevat onder andere pynappel- en papaja-ensieme, asook bosbessie- en aarbei-skroppêrels om sagkens te detoks en afskilfering te bevorder vir ʼn skoner, gladder vel. Die masker het ook natuurlike saamtrekmiddels wat die gesigporieë verstewig en oortollige olie verminder. Die formule is ryk aan vitamien C om kragtige anti-oksidante te bied en die vel se glans te verhoog.

ʼn Ligte en vinnig-absorberende bevogtiger vir die dag wat jou vel soepel en gehidreer hou met ingeboude chemikalieë-vrye sonfilters (SPF30) om die vel teen skadelike UV-strale te beskerm. Bykomende vitamine B3 en B5 verskaf kragtige anti-oksidante om die vel te beskerm. Die bevogtiger bevat hialuroonsuur om die vel se diepste lae te bevogtig asook galambotter wat vinnig absorbeer en die vel voed sonder om enige oorblyfsel op die vel se oppervlak agter te laat.

Hierdie slaaptyd-behandeling is lig en word vinnig absorbeer. Wanneer jy slaap, transformeer hierdie bevogtiger alle veltipes, insluitend olierige vel en vel wat maklik vlekke wys. Bevat galambotter wat volhoubaar bekom word uit Ethiopië. Kragtige anti-oksidante met vitamine B3 en B5 beskerm die vel. Dit is ʼn slaaptyd-behandeling vir enigiemand wat ʼn ligter bevogtiger verkies, veral iemand met olierige of kombinasie vel. Dit werk dagtyd-stres teë en die vel het ʼn gesonde glans wanneer jy wakker word.

Hierdie sonbeskermingsroom word vinnig geabsorbeer en laat nie ʼn donker vel asserig lyk nie en laat ook nie ʼn wit residu op die vel nie. Dit beskerm teen skadelike UVA en UVB-bestraling danksy eko-vriendelike en chemikalieë-vrye sonfilters. ZoneProtect SPF30-sonskerm bevat kragtige anti-oksidante van die Tara tannien-plant en organiese sonneblomloot-ekstrak wat bykomende beskerming bied teen infrarooi bestraling en bloulig-uitstraling. Bevat bykomende anti-oksidant beskerming van vitamien E.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.