Gemeenskapradiostasies presteer by die MTN-radiotoekennings

V.l.n.r.: Sarina Frauenstein, Marelize Maré, Leon Botha, Adele Changuion en Elsje van Jaarsveld.

V.l.n.r.: Sarina Frauenstein, Marelize Maré, Leon Botha, Adele Changuion en Elsje van Jaarsveld (Radio Pretoria).

ʼn Handjievol Afrikaanse gemeenskapradiostasies het die afgelope naweek tydens ʼn glansgeleentheid skoonskip gemaak by die MTN-radiotoekennings wat by ‘n glansgeleentheid in Sandton gehou is.

Radio Pretoria is aangewys as luisteraars se gunsteling-gemeenskapradiostasie en het weggestap met die toekenning vir die stasie met die mees lojale luisteraars asook die stasie wat die meeste stemme gekry het. Die mees lojale luisteraars word bereken deur die aantal stemme wat ‘n stasie gekry het, te deel deur die stasie se luisteraarstal soos gemeet deur RAMS-syfers. Dis die eerste keer dat een stasie albei kategorieë in die MTN-radiotoekennings verower. Die 31 000 stemme wat Radio Pretoria gekry het, is sowat 12 000 meer as die stasie wat in die tweede plek geëindig het.

Volgens Willie Spies, besturende direkteur van Radio Pretoria, is die verrassende van Radio Pretoria se sukses dat hy radiostasies met drie en vier maal sy hoeveelheid luisteraars (volgens amptelike RAMS-syfers) uitgestof het.

“Die rede waarom ons twee seksies in die kategorie vir gewildste stasie het, is om seker te maak dat dit nie net die groot stasies is wat kan wen nie,” het Lance Rothschild, uitvoerende hoof van die MTN-radiotoekennings, gesê.

Radio Kansel het met ʼn totaal van ses toekennings weggestap onder meer vir gemeenskapradiostasie van die jaar, verskeie projekte en die beste aand- en dagprogram. Volgens Jean Lung, groepbestuurder vir kommunikasie van die Kansel Mediagroep, is hulle absoluut oorstelp. “Ons is verskriklik opgewonde, ons het baie hard gewerk hiervoor en gefokus op kwaliteit,” het sy gesê.

Mpo Makgate van die Noordwes-Universiteit se kampusradiostasies PUKfm het die toekenning ontvang vir beste nuusleser in die kategorie vir kampusradiostasies.

Vir ʼn volledige lys van wenners, gaan loer gerus hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henry ·

Jis!
Kan ons nie nog ‘n paar foto’s van Me Sarina Frauenstein te siene kry nie?
O ja.
En veels geluk aan Radio Pretoria!

Jo ·

Gits! Ek kon my oe nie glo toe ek daardie rok sien nie. Of liewer, mens sien amper nie die rok nie!!

Liefdeskind ·

Het gewag vir die manne se opmerkings. Mooi so Sarina, ek bedoel Radio Pretoria.

Victor ·

Sarina se kleredrag laat veel te wense. Sy behoort eintlik ‘n voorbeeld vir soveel jong kinders te wees.

Henry ·

Jonk of oud my ou,
Sarina is pragtig en mynsinsiens meer as welkom om nie haar skoonheid onder ‘n benoude ou kloosterkoekblik weg te steek nie.

Johan ·

Ja Ja, as jy dit het en jy kan, dan mag jy seker maar. Ek dink gladnie dat sy onwelvoeglik gekeeld is nie. Sy is tog Stylvol en Sexy gekleed.
Seker maar ‘n paar jaloerses wat sulke negatiewe komentaar lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.