Gesin is ‘kop in die wolk’ oor prys vir skoolgeld

V.l.n.r. is Marius Walkenshaw, skoolhoof by Laerskool Pretoria-Oos, Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by die SOS, Safran Fourie en Lira Fourie. (Foto: Verskaf)

“Mamma, ons het iets gewen!” Dit was die opgewonde woorde van Safran Fourie, nadat sy ma Lira hom vertel het dat hulle een van die gelukkige wenners is van die Virseker Kop-in-die-wolke kompetisie wat vanjaar in samewerking met die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool aangebied word.

Lira Fourie, ʼn kunsonderwyseres, beskryf dit as ʼn wonderlike voorreg en sê sy is verlig dat die finansiële las volgende jaar so ʼn bietjie ligter gaan wees.

Haar twee seuns, Safran en Lourier is onderskeidelik ʼn gr. 5- en gr. 2-leerder aan Laerskool Pretoria-Oos. Safran vertel dat hy Die Wolkskool gereeld gebruik as aanvulling tot sy daaglikse skoolwerk en as maatstaf om te sien of hy al die werk verstaan.

“Dit was so ʼn voorreg dat een van óns ouers hierdie prys kon wen. Ons het vanjaar deurgaans ons leerders aangemoedig om van Die Wolkskool se aanlyn leerplatform gebruik te maak, omdat dit so ʼn moeilike jaar was.

“Dit het ons, as onderwysers, se hande so ʼn bietjie gesterk. Ons onderwysers neem ook gereeld deel aan opleidingsgeleenthede van SOS,” sê Marius Walkenshaw, hoof van dié skool.

Daar is steeds kans om die volgende die Kop-in-die-wolke-wenner te word. Skryf vandag nog in vir dié kompetisie deur die kompetisieblad te besoek.

Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra. As jy wel ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by Die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking. Die Wolkskool bied aan ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en dit is boonop teen slegs R95 per maand ʼn winskoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.