Gesin vang saam graad by US

Emile Klopper, Herman Klopper en Christina Sophia Klopper. Foto: Stefan Else

Emile Klopper, Herman Klopper en Christina Sophia Klopper. Foto: Stefan Els

Drie lede van ʼn gesin, ʼn pa, dogter en seun, het vandeesweek hul gradeplegtigheid ʼn familiegeleentheid gemaak toe dié graduandi hul grade in dieselfde week by die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het.

Herman Klopper, sy seun Emile en dogter Christina Sophia tel onder die 1 167 studente wat vandeesweek graad vang in die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Groep A), Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Regsgeleerdheid, Opvoedkunde en Krygskunde.

Altesaam 818 kwalifikasies alleen is in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe toegeken.

Herman het Dinsdag sy MBA-graad behaal, terwyl Emile Maandag ʼn meestersgraad in Ingenieurswese ontvang het en Christina Woensdag haar BCom-graad ontvang het.

Herman sê dit is ‘n goeie week vir sy gesin. “Dit het ’n rukkie geneem om hierdie punt te bereik, maar ons almal het dit gemaak,” het hy gesê.

Hy het geskerts hy kon eintlik die graad vroeër voltooi het, maar wou vir sy kinders wag. “Ek wou dit saam met hulle doen.”

Daar is geen keer aan dié gesin nie. Dit blyk dat die studies nog lank nie verby is vir Emile en Christina Sophia nie. Dié twee beplan albei om verdere grade aan te pak. “Wie weet, dalk sal ons jonger broer volgende keer ook by ons aansluit,” het Emile gesê. Hul jonger broer is tans ʼn eerstejaar in die Fakulteit Ingenieurswese.

By dieselfde plegtigheid is honneursgrade in publieke administrasie aan die Sithole-egpaar van Daveyton, Sibusiso en Gwendoline, toegeken. Hulle werk wat tans in die parlement en sê hulle studeer reeds geruime tyd saam en het mekaar aangemoedig om hul grade te behaal.

“Ons is baie trots daarop om grade van die Universiteit Stellenbosch te kon verwerf,” het hulle gesê.

ʼn Nagraadse onderwyssertifikaat is aan die paralimpiese atleet Dyan Buis toegeken. Buis, ʼn onderwyser by Wes-Eind Primêr in Franschhoek, is tans ingeskryf vir die honneursgraad in onderwysontwikkeling en demokrasie en is besig om voor te berei vir moontlike deelname aan die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro later vanjaar. Hy het verlede jaar twee silwermedaljes by die IPC se Wêreldatletiekbyeenkoms in Doha gewen.

Johannes Schoonwinkel, seun van US-viserektor vir leer en onderrig, prof. Arnold Schoonwinkel, het sy MBA-graad cum laude verwerf. Johannes se broer Daniël het Maandag sy meestersgraad in elektroniese ingenieurswese by die eerste gradeplegtigheid ontvang.

Besoek die Universiteit van Stellenbosch se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

hulle graadkursusse is in die taal van die onderdrukker aangebied EN hulle velkleur is wit. Gaan hulle werk kry met hierdie wonderlike grade?

Maria van Dieweeck ·

Mooi so aan die Klopper gesin! Dit wil gedoen word!

wynand ·

Baie geluk aan julle.Dit is wonderlike prestasies.Julle verdien dit want dit kos harde werk om dit te bereik! Baie geluk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.