Gesinne kan skoolfonds wen saam met Wolkskool, Virseker

Christian Janse van Rensburg, Christo Janse van Rensburg en Naomi Janse van Rensburg het ‘n tjek van R30 000 vir skoolfonds van die Wolkskool en Virseker ontvang. (Foto: Verskaf)

Die Janse van Rensburg-gesin van Pretoria-Noord is die eerste gelukkige wenners van die Virseker Trust se Kop in die Wolke-kompetisie. Met die kompetisie, wat in samewerking met Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool-platform aangebied word, kan ʼn leerder R30 000 wen wat direk bydra tot sy of haar skoolfonds.

“Ons besef hoe belangrik goeie skoolopleiding vir ons kinders is en daarom is ons baie dankbaar teenoor Virseker Trust vir die prysgeld en ook aan Die Wolkskool omdat ons kan sien hoe dit ons kinders se punte verbeter het,” sê Christo Janse van Rensburg.

Janse van Rensburg is al vir jare ʼn Virseker-polishouer, maar het sommer weer ʼn kwotasie aangevra toe hy hoor van dié kompetisie. Hulle oudste seun, Christian, is ʼn gr. 10-leerder aan Hoërskool Pretoria-Noord en het ouers aangemoedig om in te skryf vir die kompetisie. Die skool maak ook reeds sedert die begin van die jaar van Die Wolkskool gebruik om al hul leerders te ondersteun met hul skoolwerk.

“Ons het reeds verlede jaar van Die Wolkskool gehoor nadat ons 10-jarige se wiskundeonderwyser daarop aangedring het dat hulle tydens die inperking van Die Wolkskool gebruik maak,” sê Janse van Rensburg.

“Waarvan ons die meeste van Die Wolkskool hou, is dat ons as ouers gerus kan wees dat ons kinders op datum bly met skoolwerk en ekstra hulp kry wanneer hulle dit nodig het. Ons albei werk voltyds en het nie altyd tyd om seker te maak ons kinders verstaan die dag se skoolwerk nie. Die Wolkskool-platform is eenvoudig genoeg dat ons jongste dit op haar eie kon gebruik. Wanneer een kind besig is op die skootrekenaar, kan die ander een maklik op hulle foon deur middel van die app hulle klaswerk deurgaan.”

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, kan agt gesinne wat aktiewe profiele op Die Wolkskool het, R30 000 wen om hul kinders se skoolfonds te help betaal.

“Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om by Die Wolkskool ʼn aktiewe profiel te hê en ʼn Virseker-kwotasie aan te vra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.”

Kliek hier om vir die kompetisie in te skryf.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.