Geskenkidees vir ‘n platsak Januarie

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Verjaarsdaggeskenke is nie noodwendig deel van ons Januarie-begroting nie – veral nie ná ʼn heerlike Desember-vakansie wat jou dalk platsak gelaat het nie!

Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het gelukkig verskeie bekostigbare geskenke wat enige hart sal verbly!

Elke geskenkpakkie word spesiaal toegedraai asof jou ouma van die plaas af self dit vir jou gestuur het. Ons afleweringsdiens gee jou ook die opsie om die geskenkpakkie sommer direk by die persoon wat verjaar af te lewer, as ʼn verrassing.

Hier is ʼn paar geskenke wat minder as R200 kos en loer gerus ook na ons verskeidenheid T-hemde vir volwassenes en kinders – ook elkeen goedkoper as R200!

Afrikaans is Groot-verjaarsdagkalender vir R120-00*

Spog heel jaar, elke jaar, met dié spoggerige verjaarsdagkalender met die mooiste foto’s van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars teen jou muur. Die kalender is ʼn unieke verjaarsdaggeskenk vir iemand wat ʼn liefde het vir Afrikaanse musiek.
Koop dit nou in die Koöperasie vir slegs R120-00*.

Blikbekerstel (6 bekers) vir R130-00*

Egte Boereporselein-blikbekers in Maroela se Koöperasie

Koop ʼn stel boereporselein-blikbekers vir tannie Annetjie wat so afgunstig na joune kyk. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.
Koop ʼn stel van ses bekers in Die Koöperasie vir slegs R130-00*.

Kampporselein vir R130-00*

Kampporselein (Foto: Maroela Media)

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur. Die kampporselein-stelletjie bestaan uit twee blikbekers en twee blikborde in groen, geel of gemengde kleure.
Koop die Kampporselein-stelletjie in Die Koöperasie vir slegs R130-00*.

Yskasmagnete vir R110-00*

Yskasmagnete (beskikbaar in Die Koöperasie)

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word. Spog nou met yskasmagnete op jou yskas: hou die kinders (van alle ouderdomme!) besig terwyl jy die laaste voorbereidings doen. Hierdie yskasmagnete is ideaal vir ʼn verjaarsdag, ʼn kantoorpartytjie, jou kind se taalonderwyser en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.
Koop twee stelle yskasmagnete in Die Koöperasie vir slegs R110-00* (of R60-00* elk).

Voortrekkers kook-resepteboek vir R190-00*

Voortrekkers kook-resepteboek (beskikbaar in Die Koöperasie)

Wat maak ʼn kamp so lekker? Dis koffie, pap en wors! Voortrekkers kook is ʼn resepteboek wat vinnige en lekker resepte bevat. Dit sluit onder andere resepte in vir stokbrood, trekkerbrood, biltongpotjie, mieliekoekies, mieliepapdoughnuts, pampoenpoffertjies, gebakte koeksisters, vlagpoeding en nog baie meer.
Koop die resepteboek in Die Koöperasie vir slegs R190-00*.

Vuurvreters-radiovervolgverhaal vir R150-00*

Vuurvreters (beskikbaar in Die Koöperasie)

Jy kan nou die spanningsvolle radiodrama, Vuurvreters, deel maak van jou luistergenot-versameling! Luister in die motor op die langpad of in die aande om die kombuistafel na hierdie lekker spanningsverhaal. Die radiodrama is op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai.
Koop Vuurvreters in Die Koöperasie vir slegs R150-00*.

Kettie vir R35-00*

Kettie (beskikbaar in Die Koöperasie)

Skiet leë koeldrankblikkies pap met dié kolskootkettie: net reg vir Kareltjie se verveelde Saterdagmiddae op die plaas.
Koop ʼn kettie in Die Koöperasie vir slegs R35-00*.

 

*Posgeld nie ingesluit nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.