Gewilde Afrikaanse rocker binnekort pa

Francois van Coke en sy vrou, Lauren (Foto: Instagram)

Francois van Coke en sy vrou, Lauren (Foto: Instagram)

Die gewilde rocker, Francois van Coke, het Donderdag op sosiale media aangekondig hy en sy vrou verwag hul eersteling.

Die sanger, wat saam met Karen Zoid groot sukses met die treffer “Toe vind ek jou” behaal het, het ʼn sonar-foto op Instagram gedeel om die nuus aan te kondig.

Van Coke, wie se regte naam Francois Badenhorst is, is in 2012 met die kunsdirekteur, Lauren Badenhorst, getroud.

“Daar is ʼn klein Van Cokie op pad,” het hy op Facebook laat hoor. “Ek en Lauren is baie opgewonde om die ouers van ʼn dogtertjie te word. Sy kom in November en ons kan nie wag nie.”

Die sanger is in April vanjaar met vyf Ghoema-toekennings vereer vir sy debuut-soloalbum vir onder meer gewildste liedjie van die jaar saam met Zoid en digitale album van die jaar.

Hy is ook bekend as sanger in die musiekgroepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Cartel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.