Goeie nuus: 851 200 botteldoppies vir 13 rolstoele

Kyle Cato. Foto: Verskaf

Kyle Cato. Foto: Verskaf

Dertien minderbevoorregte kinders kan elk ʼn rolstoel kry danksy ʼn 15-jarige van die Wes-Kaap met ʼn passie om goed te doen.

Kyle Cato, verbonde aan die 3de Pinelands Scouts in die Wes-Kaap, het onlangs meer as 850 000 botteldoppies bymekaargemaak wat herwin gaan word om 13 rolstoele aan kinders verbonde aan die Chaeli veldtog in Kaapstad te verskaf.

Kyle is ʼn graad 9-leerder aan die Michael Oak Waldorf-skool. Volgens sy ma, Cara Cato, het hy tydens die World Scout Jamboree in Japan gesien hoe dié land weggooigoed herwin en was onmiddellik geboei deur dié proses.

“Terug in Suid-Afrika wou hy ʼn soortgelyke herwinningsprojek begin,” vertel Cara. “Hy het ʼn herwinningsmaatskappy genader wat bereid was om die botteldoppies te herwin in ruil vir rolstoele.”

Die herwinningsmaatskappy Interwaste het gesê Kyle moet bykans 150 kg botteldoppies, min of meer 60 000 doppies, insamel vir een rolstoel.

“Ons het soveel ondersteuning ontvang. Ek was op Cape Talk in die Wes-Kaap en die plaaslike koerant in die suidelike voorstede het ook ʼn storie oor hom gedoen,” het Cara verduidelik.

Kyle het uiteindelik 2 228 kg, oftewel 851 200 botteldoppies, ingesamel met die hulp van verskeie instansies. Dié doppies kan herwin word om 13 rolstoele vir kinders van die Chaeli veldtog, wie se ouers nie rolstoele kan bekostig nie, te verskaf.

“Daar is ander projekte soos die broodknippie-projek wat volwassenes bystaan. Met dié projek wil ons egter die kinders help wie se ouers dit nie kan doen nie,” het sy gesê.

Die familie onderhandel nog met Interwaste om spesifieke rolstoele vir die kinders te maak.

Enigeen wat betrokke wil raak by die inisiatief, kan Cara kontak by 083 415 4380 of ʼn e-pos stuur aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rosslyn ·

Hier in Pta Wes – Proklamasie Heuwel is ook gesin met gestremde kind wat ook vir meer as jaar botteldoppies al bymekaar maak vir rolstoele, nie gewoones nie, die wat lyk soos stoel vir erg gestremde kinders. Die hele gesin van oud tot so jonk as 3jr werk aan die doppie versameling.

Mich ·

Hallo Rosslyn

Wil jy ons nie asseblief bietjie meer inligting gee nie, asseblief? Hoe kan ons betrokke raak? Waar kan ons botteldoppies afgee wat ons bymekaar maak?

Eliza-beth ·

Ai ek BEWONDER sulke mense wat so deur ‘n saak geraak word dat hulle IETS doen! Bravo Kyle, jy is ‘n HELD! Ek hoop iemand stuur jou die berig dat jy kan lees hoe mense jou bewonder!

johann cb ·

Welgedaan Kyle! Jou inisiatief sal nog eendag beloon word. Ek sou graag wou weet hoe lank dit geneem het om al die doppies bymekaar te maak. Sterkte vorentoe met jou projek.

Veritas ·

Mooi skoot Jongman. Jou soort is maar yl gesaai. Nou kan jy weer van vooraf begin om brille te kry vir die van ons wat nie ander se nood raaksien en help om dit te verlig nie.

deon ·

hi ek is van Krugersdorp en will ook net se hy dun n bja goeie werk.
ek het tans so 4 20L verf drome vol doppies en weet ni wat om daar mee te maak ni.
coca cola het n ding gahad van 10 000 doppies vir n rolstoel maar hulle dun dit glad nie meer ni

my kontak nommer is 079 434 1905 my naam is Deon

neelsie ·

Kyle jy is n ster en voorbeeld vir ander.
Gee meer aandag aan die omstandighede rondom jou en help waar dit moontlik is.
Skep n projek as daar nie een is nie.
Het Afriforum nie n webwerf waar sulke projekte bekendgestel word nie?

Lizzie ·

Merkwaardig. Het self ‘n klomp van die broodknippies. Waar kan ek dit afgee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.