Goeie nuus: Afrikaanse leerders baat by self-doen-aksie

JNA-hersieningsgidse-voorblad

Die ses Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) hersieningsgidse vir graad 4 tot 9 is vertaal, taalversorg en is gratis beskikbaar aan onderwysers, ouers en leerders regoor die land.

Meer as 25 wiskunde-onderwysers het in minder as een week ses Engelse hersieningsgidse volledig vertaal.

Die ses Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) hersieningsgidse vir graad 4 tot 9 is vertaal, taalversorg en is gratis beskikbaar aan onderwysers, ouers en leerders regoor die land.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW), ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand se skoleondersteuningsentrum, was verantwoordelik vir die vertalingsaksie, nadat die hersieningsgidse slegs in Engelse aan Gautengse skole beskikbaar gestel is.

Die Afrikaanse weergawe verseker dat ʼn groter aantal leerders by hierdie hulpmiddel sal baat ter voorbereiding van die verpligte JNA toetse wat in September by alle openbare en onafhanklike skole geskryf word.

Volgens dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het ʼn groep Afrikaanse wiskunde-onderwysers hul moue opgerol en self gedoen wat die departement van onderwys nie kon doen nie. “Hierdie self-doen-aksie verseker dat ons voldoen aan die behoeftes van Afrikaanssprekende onderwysers en leerders,” het Brink gesê.

Die hersieningsgidse kan gratis afgelaai word by www.skoolwiskunde.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Desire ·

Dis die verskil tussen mense wat op hulle laaste ruggraat le (en wil he he he he en kerm en kla en toi toi oor hy/sy in Afr/Eng/Duits moet klasgaan/toets-skryf) en die mense wat opstaan, moue oprol en SELF die verskil maak, wat hy wil he. Baie baie dankie vir die moeite vir ieder en n elk, ek het gaan kyk van die toetse is VREK lank. Julle is ysters!!

Danie ·

Baie dankie dat julle `n verskil maak sonder enige politieke mag. Die LUR van onderwys in Gauteng het al bewys dat hy sy politieke mag misbruik vir sy eie rassistiese idiologie. Hierdie mense het net weerbewys gelewer dat waar daar `n wil is, is daar `n weg.

Dankie dat julle julle tyd en energie sonder betaling opoffer vir `n belangerike saak. Ek hoop die LUR en sy trawante besef dat hul onregverdige politieke oorlogvoering net meer determinasie kweek, maar ek twyfel of hulle daardie vermoe het.

Baie dankie. Julle is helde.

anne visser ·

Ek soek 2 bieke asb waar kan ek dit kry vir graad 8 en graad 19

anne visser ·

Ek soek 2 boeke asb waar kan ek dit kry vir graad 8 en graad 19

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.