Goeie nuus: Afrikaners het leiers… en kan saamstaan

Argieffoto

Argieffoto

As daar nou een ding is waaroor Afrikaners saamstaan is dit hulle vaskleef aan die gedagte dat Afrikaners nie kan saamstaan nie. Daar is ’n geykte grappie wat sê dat as jy twee Afrikaners bymekaar sit, jy binne twee dae twee politieke partye en drie kerke het.

Ek het ook al menigmaal gesien hoe Afrikaners omtrent mekaar die hare invlieg, totdat die een die opmerking maak dat Afrikaners net nie kan saamstaan nie. Daaroor stem hulle dan skielik saam.

“Ja, en ons het nie leiers nie,” word gewoonlik bygevoeg.

Die goeie nuus is dat beide stellings verkeerd is. Afrikaners staan deesdae saam soos nooit tevore nie en hulle leiers is van dieselfde kaliber as al die vorige generasies se leiers.

Wat beteken “saamstaan”?

Om te bepaal of ’n groep saamstaan is ’n objektiewe vraag wat sekerlik aan ’n paar kriteria gemeet kan word. Hoe uiteenlopend is hulle sienings? Hoeveel uiteenlopende instansies is daar? Werk hierdie instansies saam of nie? Hoeveel steun het hulle?

Ja, daar is uiteenlopende sienings in Afrikanergeledere.

Die ekstremes aan die regterkant is bitter min en het byna geen invloed nie. Jy loop hulle nie sommer raak nie, behalwe op die kuberruim waar hulle gewoonlik onder skuilname funksioneer. Hulle vloek graag en wil graag oorlog maak, maar hulle wil met niemand “in die loopgraaf” klim nie omdat hulle almal van vrymesselary en sameswering met die geldmag verdink.

Die groep aan die linkerkant is net so klein, maar anders as hul teenpool het hulle taamlik invloed. Hulle is nie so baie soos wat hulle graag wil glo nie. Hulle werk nie onder skuilname nie en ’n mens kan hulle by die naam noem. Hulle is uitgesproke en kry dikwels geleenthede om hul standpunte in die hoofstroommedia te verduidelik, hoewel die oorgrote meerderheid Afrikaners nie met hulle saamstem nie.

Die groot groep is egter in die middel. Die gemiddelde Afrikaner is behoudend, maar nie regs nie. Hulle is modern, maar nie liberaal nie. Die meeste is professionele mense wat hul gesinne liefhet en bekommerd is oor die toekoms. Hulle is meestal gelowig en leef volgens waardes. Hulle is verdraagsaam en hulle wil in vrede met ander saamleef, maar is keelvol om Suid-Afrika se politieke slaansak te wees.

Afrikaners wat saamstaan

Wat instansies betref is Afrikaners inderdaad deesdae meer verenig as ooit. Ons vergeet maklik van die konflik wat daar destyds tussen die Vryburgers en die VOC-administrasie in die Kaap was, of die gevegte tussen die Voortrekkerleiers oor waarheen hulle moet trek, die boeregeneraals wat mekaar dikwels ondermyn het, die rebellie, die gevegte tussen die Natte en die Sappe, of meer onlangs tussen die NP en die KP. In al hierdie gevalle was die Afrikaner verdeeld en was daar nie ’n sterk groep in die middel nie.

Vandag is dit nie die geval nie. Die ou strydosse is begrawe en Afrikaners stem oor die algemeen saam, behalwe vir die uitsonderings hierbo genoem. Die Solidariteit Beweging verteenwoordig vandag meer as 250 000 gesinne. Dit is aansienlik meer as wat die “magtige Nasionale Party” se ledetal in sy piektyd was.

Vandag se leiers, teenoor gister s’n

Afrikaners het ook leiers. Daar is egter ’n verklaarbare rede waarom Afrikaners glo dat hulle nie leiers het nie. Dit is omdat Afrikaners ook maar skuldig is aan dit waarvan ons die ANC beskuldig – die oorvereenvoudiging van die geskiedenis. Elke generasie Afrikaners het hulle eie leiers gehad. Die twee goed wat al dié leiers in gemeen het is die feit dat hulle vol dryf was, maar ook vol gebreke. Vandag sê Afrikaners dat hulle nie leiers het nie omdat hulle in die geskiedenis vaskyk en hul oorlede leiers se gebreke vergeet het – hulle sien ’n klomp volmaakte leiers wat nooit ’n voet verkeerd kon sit nie. Gemeet aan hierdie maatstaf slaag vandag se leiers nie die toets vir Afrikanerleierskap nie omdat hulle ook maar gewone mense is.

Ons vertel nie graag dat Jan van Riebeeck ook maar ’n interessante karakter was voordat die VOC hom Kaap toe gestuur het nie, of dat Hendrik Biebouw, die eerste persoon wat na homself as ’n “Afrikaner” verwys het, dit gedoen het nadat hy met deportasie gedreig is omdat hy dronk in Stellenbosch se strate gehol en skree het. Ons vergeet dat Piet Retief se boeke nie altyd geklop het nie en dat Piet Uys se dood waarskynlik toegeskryf kan word aan die feit dat Hendrik Potgieter hom nie te hulp wou snel nie. Ons vergeet dat Paul Kruger ook maar ’n regte hardekwas was of dat selfs die edelste van die Boeregeneraals, generaal De Wet, soms instruksies verontagsaam het en sy eie kop gevolg het – tot voordeel van die veldslag, maar tot nadeel van die oorlog. Die NP-ondersteuners vergeet van al die kere wat daar by die onderhandelingstafel toegegee is op dit wat voorheen as “ononderhandelbaar” bestempel is en die KP-ondersteuners vergeet dat die KP nie regtig ’n werkbare alternatief op die tafel kon plaas nie. Buiten dit alles vergeet ons van hulle oordeelsfoute en besef ons nie altyd hoe groot die impak daarvan was nie.

Dieselfde kaliber

As Afrikaners hulle voorouers tot onbevlekte helde verhef, sal Afrikaners kla dat hulle nie meer leiers het nie. As ek die stelling maak dat Afrikaners vandag leiers het wat van dieselfde kaliber is as die leiers in al die generasies voor hulle sê ek nie dat vandag se leiers net so volmaak is nie, maar dat die oorlede leiers ook maar net gewone mense was wat, soos Flip Buys dit onlangs saamgevat het, in ongewone omstandighede buitengewone prestasies behaal het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Goeie nuus, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Chris ·

Oulike artikel. Alle volke het linkses, regses en diegene wat in die middel is. En dis ‘n goeie ding om na alle insette te luister om sodoende konsensus oor die beste standpunte te bereik. Die NP het verdwyn omdat hulle ons uitverkoop het, so eenvoudig is dit.

Margaret Thatcher het op ‘n stadium in die Britse parlement gesê dit lyk partykeer of die verskillende partye mekaar enige tyd gaan uitmoor soos hulle verskil, maar as hul land bedreig word staan hulle saam. So ook die Afrikanervolk.

Errol ·

Daar slaan u die spyker op die kop! (Hy noem nie die leiers nie)

G.P. Botha ·

Gaan toets julle steun in politieke verkiesings voordat julle julself as politieke leiers aanbied.Soos wat FN,VF+ en die manne van die BAV gedoen het.Of maak julle aanspraak op julle DA maatjies se stemme?

Boland Boertjie ·

Nou praat jy, G.P. Botha
En hulle moet ons ook sommer vertel van die “saamstaan” wat hulle het met NUMSA deur Solidariteit om ons Afrikaners/Boere mense te begrawe deur Doves – wat aan NUMSA behoort.
Aan jou vriende en sake vennote sal jy geken word – Numsa aan die een kant, de Klerk stigting aan die anderkant……… en so verander die Super Afrikaners weer net van gedaante, maar nie van karakter nie nê.

Dereck Le Roux ·

As Afriforum en sy moederorganisasie Solidariteit hul politieke korrekte beleid laat staan van om nie ‘n beter verlede voor te veg nie maar ‘n beter toekoms wat in die stadium niks anders is as rook op die horison nie, alle bande met FW de Klerk laat vaar en hom isoleer, saamstaan op die gruwelike, barbaarse en sadistiese moorde op witmense en die organisasies steun wat daarteen veg en hul skaar by die politieke korrektes wat dit uit ‘n rassistiese oogpunt uit beskou nie, ek was nog altyd onder die indruk dat Afriforum nog ‘n pro-blanke organisasie was wat die belange van veral die Afrikaners op die hart gedra het totdat ek uitgevind het dat Afriforum homself nou openlik bemark as ‘n multikultirele organisasie wat nie eers hulself wou skaar agter Sunette Bridges se Rooi Oktober veldtog nie, tot en met dat dinge soos die nog aanhou gebeur vergeet maar van saamstaan, dit sal nie realiseer in ons leeftyd nie.

Deon ·

Afrikanersamehorigheid gaan uiters belangrik word die volgende twee jaar. Die ANC se regeertyd raak ook min aangesien die wereld lande volgende jaar Desember 2015 in Parys, Frankryk, aardverwarming verklaar tot (eksterne) wereld vyand nommer 1 om ‘n gemeenskaplike ‘vyand’ te skep en ‘n wereld belasting in te stel wat die nuwe wereldregering se eerste funksie sal word. Daarna die ISIS probleem dus ‘n wereld polisie en weermag is nodig, en omdat die wereld ekonomie sukkel, ‘n wereld departement van finansies. Die mag after die orkestrasies en gekoordineerde aksies word verduidelik in die video https://m.youtube.com/watch?v=86GrvQRThSk

Hoekom verwyder julle die kommentaar wat die verband tussen Solidariteit en Doves en Numsa uitwys?
Of was dit die verwysing na die de Klerk Stigting…??
Of dalk die verwysing na die Super Afrikaners wat steeds ons lewens vergal, soos wat hulle gedoen het tydens die jare van die NP?
Het deursigtigheid nou by julle ook deur die venster geval??

John ·

As daar nou een man was wat amper volmaak was, was dit Hendrik Verwoerd.

Boelie Brand beste in die land ·

@G.P. Boland Boertjie en Dereck

Ek vermoed julle is dalk een-in-dieselfde persoon, as ek so na die trant van die skrywes, die plasingstye en die vlak van leesbegrip kyk.

Afriforum en Solidariteit verteenwoordig Afrikanerbelange op buite-parlementêre vlak. Hulle het nie nodig om hulle ondersteuning te toets met ‘n verkiesing nie, want hulle ontvang hulle mandaat van hulle lede af wat vrywilliglik by hulle aansluit. Hierdie strategie is ook baie duidelik suksesvol, gegewe die oorwinnings wat hulle tot dusver behaal het en hul populêre steun onder Afrikaners (wat duidelik blyk uit hul ledetalle).

Verder sien ek nêrens in hierdie artikel dat hulle hulself as politieke leiers aanbied nie.

So ek stel voor julle klomp internetkrygers soek eerder werk as om die te prober aanval wat werklik iets doen.

G.P.Botha ·

Boelie Brand,

Nou val jy mense onder n skuilnaam aan.Presies waarvan die ver regse randeiers beskuldig word.Ek skryf onder my eie naam en hierdie is my tweede plasing.Ernst Roets vergelyk Skollieforum se steun met die steun van n politieke party nl die ou Nasionale Party.Dit is doodeenvoudig nie dieselfde nie.Gaan vergelyk gerus julle magteloosheid met die mag wat die ou N.P. leiers gehad het.Maar politieke klappe word links en regs uitgedeel en as julle aangevat word dan word daar ewe vroom gese dat julle nie op die politieke speelveld is nie.

‘n Paar leiers wat ek met vrymoedigheid opnoem (met verskille en al):
– Henk van de Graaf
– Flip Buys
– Bennie van Zyl
– Willie Spies
– Cornelius Jansen van Rensburg
– Ernst Roets

En dit is maar net om ‘n paar op te noem. Daar is heelwat mense wat op hulle onderskeie gebiede opstaan om getel te word. Ons is leierskap is gesonder as wat dit in etlike dekades was. Jammer Max du Preez, maar dit lyk my jy was verkeerd.

Paul ·

Oor Henk van den Graaf stem ek beslis saam maar ek verskil absoluut hemelsbreed van jou om Willie Waarheid en Flip Buys in dieselfde asem te noem.

Cobus du Plessis ·

Ek het gepos, maar dit blyk Ernst Roets het nie die moed om dit te plaas nie. So, kom ons probeer weer.

Boelie Egois, jy noem Flip Buys as ‘n leier. Dit is dieselfde persoon wat in 1994 tot die Volkstaatraad benoem is, maar sy organisasie ondersteun nie Selfbeskikking nie? Is dit leierskap of bedrog?

Jy noem Ernst Roets as ‘n leier. Dieselfde vent wat Steve Hofmeyr slegse. Toe hy uitgedaag word om met Steve in openbare debat te tree, toe “hou hy hom nie op met ‘n randeier nie”.

Kry daai leiers maar vir jou. As hulle leiers is, is hulle verantwoordelik vir die Afrikaner se huidige slegte posisie. Wat bereik hulle met ‘n paar hofsake? Die belangrikes verloor hulle. Hulle vra fondse vanaf die publiek vir hul hofsake. Wat doen hulle met die R12miljoen ledegelde wat hulle maandeliks inkry?

Jaco Kleynhans ·

Cobus,

Moet asseblief nie sulke leuens versprei nie. Solidariteit is in beginsel ten gunste van selfbeskikking. Lees gerus Flip Buys se inleiding in Frans de Klerk van Orania se onlangse boek. Wat Steve Hofmeyr aanbetref het jy dit verkeerd. AfriForum het laas wat ek met hulle nagegaan het ‘n goeie verhouding met Steve. Ons mag mos soms van mekaar verskil. Ek dink ook Steve se laaste opmerking was onnodig en het meer skade as goed gedoen, maar ek bly ‘n groot ondersteuner van Steve Hofmeyr. Waar wil jy so graag onmin tussen Afrikaners saai en suksesvolle Afrikanerorganisasies wat jaarliks duisende van ons mense deur hofsake, studiebeurse en maatskaplike projekte help afkraak en afbreek.

Cobus du Plessis ·

Jaco,

Ek versprei geen leuens nie.

As Ernst Roets die spreekbuis van Afriforum is, is hulle teen Selfbeskikking en anti Steve. Gaan lees gerus terug in sy artikels, en dan besluit jy of dit swak joernalistiek is of deurskemering van ‘n liberale beleid. Ek persoonlik dink dit is albei.

Wat Flip Buys in die algemeen betref moet hy duidelik maak wat sy verbintenis met die FW de Klerk Stigting is, formeel en informeel.

Jou verwysing na die hulp aan “ons mense”, sluit jy hul skoolprojekte in Hammanskraal aan swart skole in?

As jy nie van feite hou nie, moet nie liberale taktiek gebruik en persoonlike aanvalle doen nie. Leuens en onmin is die laaste wat ek wil doen. Maar ek is ook moeg vir leuens wat aan “ons mense” verkoop word vir soetkoek. Ek is net so moeg daarvoor dat ‘n pateet homself voorhou as leier en ons om elke hoek en draai afkraak vir politieke korrektheid of ‘n liberale agenda.

Paul ·

Cobus, Jy is 100% in die kol met jou opmerkings. Vir Ernst om te noem dat die meeste Afrikaners behoudend maar nie regs is nie, is so ver van die waarheid verwyder dat dit lagwekkend is. Ek kom met baie Afrikaners in aanraking en verreweg die meeste mense se houding het erg na regs verskuif en hulle is nie net die paar mense wat op internet forums aktief is nie. Selfs besonder baie van die Afrikaner jeug se houding het sterk na regs verskuif en veral ons kinders wat uit die land verdryf is, het baie hardegat en anti-Soliforum en anti-De Klerk geword. Die liberale lot het uit die bus geval en het nie eens meer die status van randeiers nie want die plek word nou deur Soliforum ingeneem.

Boelie,

Jy sluit die Boere Afrikaner Volksraad se voorbokke in as leiers. Wat het hulle reggekry om op ‘n CV te sit? Kyk na hul FB blad. Enigste nuus in 3 maande is die gesondheid van een van die “leiers”.

Die werklikheid is dat Solidariteit/Afriforum die Afrikaner se intelligensie onderskat. Hulle sal dit vorentoe wel in hul beursies voel. Dit wil vir my lyk of hulle die Afrikaner doelbewus weer in ‘n doodloopstraat lei. Is dit die Buys/FW konneksie?

Ben ·

Ernst Roets se onlangse publieke aanvalle op mede afrikaners laat mens wonder oor sy leierskap. Dit strook ook nie met die artikel hierbo nie. Moet se as daar nog soortgelyke aanvalle in die toekoms is sal ons Afriforum ondersteuning moet heroorweeg. Ons verwag van leiers om saam te werk oor verskille heen.

Boelie Brand ·

@Cobus du Plessis

Wel, kom ons kyk. Aangesien jy nie die vermoë het om self navorsing te doen nie…

Henk van de Graaf. Bring plaasmoorde onder Europa se aandag.
https://www.youtube.com/watch?v=YWz14QCt_Iw
http://m.news24.com/nuus24/Wereld/Nuus/Europa-steun-SA-se-boere-20120307

Bennie van Zyl. TLU se aksies spreek vanself – of wil jy nou op hulle ook ‘n aanval loods? Hy werskaf ook suksesvol daaraan om internasionale steun vir blanke Boere te kry.

Flip Buys en kie – verenig die meerderheid Afrikaners agter belange sake, soos o.a. privaat eiendomsreg en regstellende aksie. Maak nie saak of hulle al hulle sake wen of verloor nie. Hulle is besig om die ideologiese oorlog te wen en Afrikaners te verenig.

Natuurlik het nie een van hulle al hierdie dinge op hulle eie gedoen nie, maar het wel belangrike leierskapsrolle gespeel in die opsig. En ja, hulle het elkeen ook hulle tekortkominge, nes Ernst tereg uitgewys het in sy artikel.

In verband met jou stelling tov Afriforum en Solidariteit se aanwending van fondse… Jy is welkom om self ook bietjie navorsing te doen en te gaan oplees oor al die aksies waarby hierdie organisasies betrokke is. Die inligting is vryelik op hulle webtuistes beskikbaar vir enige persoon wat weet hoe om http://www.solidariteit.co.za of http://www.afriforum.co.za in hulle webblaaiers in te sleutel. Net soos enige ander organisasie van sy aard is hierdie inrigtings onderworpe aan finansiele verslaggewings en boekhoudings vereistes. Indien jou insinuasie is dat van hierdie fondse onbehoorlik aangewend word moet jy, wat so vining is om almal as lafaards uit te kryt op hierdie forum, reguit daarmee uitkom en dit sê. Maar nou ja, ek neem aan jou naam is nie regtig Cobus du Plessis nie… want wie sal nou so dom wees om sulke ongegronde beskuldigings onder sy regte naam te plaas? Dit sou beteken hy sal dit in ‘n hof moet bewys – iets wat ek 100% seker is jy nie sal kan doen nie.

So, noudat ek jou oningeligte vrae en stellings beantwoord het, miskien moet jy dalk vir ons sê wie jy beskou as hedendaagse Afrikaner leiers en waarom. Tensy jou enigste talent is om gif te spoeg na die pogings van diegene wat wel iets doen?

Terloops, die naam “Boelie Brand” word tong in die kies gebruik, maar dit lyk my dit het heeltemal oor jou kop gevlieg.

Pierre B. de Villiers ·

“Ons vat hulle hof toe!” Dit klink soos `n klikbaba, “ek gaan nou vir juffrou se.” Almal hol net deesdae hof toe. Dit maak my siek! Energie word verkeerd benut.

emiel ·

Ek dink die meerderheid Afrikaners het met goeie rede alle respek en vertroue verloor in alle georganiseerde politieke, godsdienstige, besigheids, arbeids, kulturele en intelektuele leierskap.
Dit spreek boekdele dat Afrikaners meer vertroue het in gemeenskaps- persoonlikhede soos Steve Hoffmeyer en Sunette Bridges.

Jacobsdaller ·

Cobus, net `n regstelling. Ernst het nooit vir Steve aangeval nie of woorde met hom gehad nie. Die debat was tussen Ernst en Dan Broodt.

Jacobsdaller ·

Cobus, net `n regstelling. Ernst het nooit vir Steve aangeval nie of woorde met hom gehad nie. Die debat was tussen Ernst en Dan Broodt.

Cobus du Plessis ·

Jacobsdaller, jy is heeltemal reg. Dit verander die saak geensinds nie.

Maar hy het ook vir Steve aangeval. Gaan so bietjie terug op Maroela media en lees die artikel wat hy oor Steve geskryf het.

Ek vra om verskoning vir die vermenging van die twee afsonderlike sake. Maar in my oe probeer hy steeds die Afrikaner bykom.

Ek is bewus van 4 mense in my onmiddelike familie wat hul lidmaatskap aan Solidariteit in die afgelope week beeindig het.

Ek is bevrees dat Solidariteit/Afriforum nie die tekens van ‘n ontploffing in Afrikaner nasionalisme raaksien of korrek interpreteer nie. En die poging tot verdagmakery wat spesifiek Ernst Roets mee besig is, is tipies die liberale model – sodra iemand met feite vorendag kom, skree hy “Rassis”, “Nazi”, “Verkramp”, …… Dan is dit wat hom aanbetref die einde van die argument.

Miskien gaan hy/hulle saam met die ander liberaliste wakker skrik, eers as daar iets so verskrikliks deur hul ANC vriende gepleeg word dat selfs hul volstruistoertjies nie meer werk nie. Vraag is, gaan die Afrikaners wat hulle nou so verguis hulle vergewe? Ek twyfel.

SJ Botha ·

Al leier wat ek ooit erken is een wat verkose is deur my eie volk en duidelik staan vir ‘n onafhanklike Boere republiek. Meet gerus die name wat hier rondgegooi word aan dit.

Cobus, ons moet versigtig wees om Dan se gewildheid te oorskat. Ek geniet sy artikels en dra by tot die besoeke op sy webblad. Baie mense volg hom op twitter en facebook en hou sy uitlatings met belangstelling dop. Ek is een van daardie mense. Maar toe dit by die afgelope verkiesing kom het van sy 19 000 twittervolgelinge en talle Praag-aanhangers net 5 000 mense vir hom gestem. Daarenteen dra meer as 100 000 mense elke maand finansieël by tot AfriForum. Wie dink jy kan die beste mobiliseer? Selfs mense op twitter het aangedui dat hulle Dan op twitter volg maar nie noodwendig ondersteun nie.

Frik Lotz ·

Ons het beslis Afrikaner-leiers. Ek dink aan Pieter Mulder, Corne Mulder, Pieter Groenewald, Anton Alberts en Wouter Wessels vd VF Plus. Hulle is almal baie goeie leiers. Dan kan ons n man soos Steve Hofmeyr ook byvoeg. Dis maar net n paar manne waaraan ek kan dink, maar ek glo daar is nog vele meer, soos Carel Boshoff ens.

Kobus ·

Ek stem tot daar waar jou eerste sin eindig en toe raak jy heeltemal die klits kwyt. Jig, en dan is daar natuurlik ander ook wie wel nie Afrikaners is nie, maar wie Suid Afrika sal kan lei. Maar gaan die gesprek wel oor Afrikaner leiers en dan praat ons van leiers!

Jakes ·

Sjoe, ek lees maar net so deur die kommentaar, en die artikel se eerste paragraaf word dubbel en dwars gestaaf!

Mike ·

Ja, nee al wat ek weet is dat ons op een of ander manier moet saam werk al kan ons nou nie so seer saamstaan nie. Dit is kritiese tye waarin ons leef.

Hermanus Potgieter ·

Ek dink soms word daar bietjie teer punte aangeraak waarmee groot verskille en opinies mee gepaard gaan. Ons is almal furstreerd en moeg vir alles in die land, maar afbreking van andere se karakters gaan nie oplossings bied nie. Kan ons nie maar kyk eerder na gemeenskaplike probleme en daarmee saam ook gemeenskaplike oplossings nie? Hierdie getrekkery aan mekaar se hare bewys juis hoeveel onmin daar is. Ja die NP het ons in die steek gelaat, maar ons wat so voel was in die minderheid. Onthou daar was ‘n referendum, en jou mede volksgenote het besluit ons moet ons regering, polisie weermag en mag weggee om ‘n “bloedbad” te verhoed. Nou het ons ‘n bloedbad inelkgeval gekry maar nou moet ons alleen bloei….Steve kan ‘n baie goeie leier wees en so ook elkeen wat bereid is om onverskrokke sy beginsels te propageer mits daar emosionele beheer oor hulleself is en takt wat met goeie maniere gepaard gaan. Maar iewers gaan daar gesê word genoeg is genoeg, en as ons dan moet veg (weereens) dan moet ons veg. Dit is en bly ons land. Wat gaan ons daaromtrent doen. Dit is waar leierskap bewys word. Nie met ‘n oor en weer gejouery nie.

Werner Kruger ·

Ernst, ek is in die middel groep maar is net so moeg vir Afriforum/Solidariteit se knaende refrein :
1) “ons het baie betalende lede” – dis goed, julle besigheidsmodel werk
2) “ons voer ‘n hofstryd” (sien https://www.afriforum.co.za/die-redes-vir-ons-hofstrategie/) – dis ook goed en nodig maar baie reaktief, as die regstelsel getransformeer is (en dit SAL uiteindelik) is dit ook in sy peetjie
3) “ons het baie leiers” – ek het hoe agting vir julle : MAAR WAT ANDERS AS 1) en 2) hier bo doen daardie leiers ?

Goed, as dit al is wat ons KAN doen, moet ons dit duidelik vir mekaar se^ en maar net nog lede werf. Maar dan het ek nie meer ‘n antwoord vir my kinders wat wil emigreer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.