Goeie nuus: Doen aan ander…

Liz Woodward se briefie

Liz Woodward se briefie

ʼn Kelnerin se goedhartigheid is dubbel en dwars beloon nadat sy onlangs twee brandbestryders se ontbytrekening betaal het.

Die twee brandbestryders, Paul Hullings en Tim Young van die brandweer in New Jersey, Amerika, het die oggend by die restaurant aangekom en die kelnerin, Liz Woodward, het gehoor hoe hulle met mekaar gesels nadat hulle die hele aand lank gespook het om ʼn brand te blus.

Woodward het besluit om, in plaas daarvan om die $15-rekening vir hulle te gee, eerder ʼn briefie van dank en waardering te oorhandig.

“Ek betaal vandag julle ontbyt. Dankie vir alles wat julle doen; dat julle ander dien en dat julle by plekke inhardloop waar ander weghardloop. Dit maak nie saak wat julle rol is nie, julle is heldhaftig, dapper en sterk. Dankie dat julle elke dag vreesloos en onverskrokke is! Aangevuur en gedryf deur manmoedigheid – julle is ʼn groot voorbeeld. Gaan rus bietjie.”

Hullings was stomgeslaan. “Ek was tranerig en dit het my goed laat voel – dat ons brandbestryders ook nodig is, dat mense vir ons omgee,” het hy aan ABC News gesê.

Young het die nota op Facebook gepubliseer en die plasing het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die brandbestryders het intussen uitgevind dat Woodward eintlik self besig is om geld in te samel op GoFundMe, vir ʼn spesiale voertuig vir haar kwadrupleeg-pa. Hulle het haar gegewens gedeel. Woodward se aanvanklike teiken was $17 000, maar danksy die brandbestryders het sy het reeds meer as $74 000 vir haar pa ingesamel.

Woodward het die brandbestryders op haar Facebook-blad bedank.

Lees meer: ABC News, Hefty, News.com.au

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Eers die vrou in Australie wat iemand se parkeerboete betaal en nou hierdie – lekker om tussen al die moord en doodslag, ontvoerings, verkragtings en aanrandings van sulke mensliewendheid te lees! Ek glo daar is tonne sulke voorbeelde, mens hoor net nie altyd daarvan nie; maar as mens wel daarvan hoor soos in die geval, skep mens weer nuwe moed vir die mensdom.

Pieter dp ·

As ons na die blanke volk in persintasie kyk is ons maar min in vergelyke met ander nasies. Maar groot is ons as blankes as dit kom by goed hartighuid en goedhuid teen oor ander volkere.

Hou soo aan my mede blankes wand deur ons doen en late kan ons n voorbeeld wees vir die ander volkere.

BoereBikerBaby ·

Dis nou so mooi storie, net ‘n jammerte in hierdie land is die meeste mense so vol van hulself en als draai net om geld.

Dit was regtig nice van die kelnerin om haar waardeering so te betoon…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.