Maroela Media het die afgelope week saam met verskeie organisasies gefokus op goeie nuus. Hier is ‘n paar foto’s wat bevestig dat mense nog goedhartig is en ‘n vreemdeling soms jou vriend in nood is.
Die foto’s is op die webwerf Pass it Down gepubliseer.
Daar is engele in die wereld wat ander wat swaar kry help, net te min van hulle Seen aan al die wat die goeie werk doen,mag Vader God julle Seen met alle voorsiening aan die wat nie het nie.
Awesome! !!! GOD IS HIER TUSSEN ONS. ek is ook die tipe wat ander help sonder om iets terug te verwag!
Pay it forward is die beste ding wat mense kan doen. :-)
Hier is nog so ‘n paar.
Yshokkie is vir Kanadese wat rugby is vir Afrikaners. In ‘n onlangse wedstryd tussen Kanadese en Amerikaanse spanne het die mikrofoon onklaar geraak terwyl die Amerikaanse volkslied gesing is. Toe voltooi die Kanadese toeskouers die lied.
http://fox4kc.com/2014/11/21/canadians-finish-americas-national-anthem-at-hockey-game-after-mic-cuts-out/
‘n Arme student het sy karligte aan vergeet. Toe hy laatmiddag by dit kom, was die battery heeltemal pap. Daar was egter ‘n briefie op die voorruit. Die eienaar van die naaste huis het vir hom alles beskikbaar gestel om sy battery te laai. Nie net het hy elektriese krag verskaf nie, maar ook instruksies gegee van hoe om te werk te gaan.
http://globalnews.ca/video/1686532/good-samaritans-actions-prompts-stories-of-kindness/
Vreemdelinge help ‘n huiseienaar in Buffalo, New York om sneeu te skoffel.
https://www.facebook.com/nbcnightlynews?pnref=story
Alles fotos van oorsee. Wat van plaaslik?????
Dit is ñ pragtige mens wat ook aan ander mense dink met die mooiste hartjie
Net jammer dit gebeur oorsee en nie hier nie. Al die fotos is van oorsese oorsprong.