Goeie nuus: Groot bederf by sirkus vir behoeftige mense


Groot-McLaren-sirkus-08

Ongeveer 600 behoeftiges van regoor Pretoria het die kans gehad om ‘n McLaren-sirkusvertoning by te woon. Foto’s: Esté Meyer Jansen.

McLaren-sirkus is nie net die grootste sirkus in Afrika nie, maar vier ook in 2015 hul tiende bestaansjaar. Die sirkus het die mylpaal saam met die gemeenskapsradiostasie GrootFM gevier deur Donderdag ʼn gratis vertoning vir 600 behoeftige mense van verskillende organisasies in Pretoria, met wie die radiostasie saamwerk, aan te bied.

Van die organisasies wat die sirkusvertoning bygewoon het, was onder andere Choc House, Reach for a Dream, die SAVF, Helpende Hand, Hospice, Eljada Huis, Moeggesukkel, Jakob se Put, Uncle Ben’s Den, Feed a Child, PEN, SA Cares for Life en verskeie behoeftige kleuterskole, kinderhuise, huise vir mense met gestremdhede en ouetehuise.

Volgens Lindie Strydom van GrootFM is dié sirkusvertoning net die regte medisyne om die lang, koue wintervakansie vrolik in te kleur. “Een van ons gaste hier vandag is die kankervegtertjie, Ruben Scharneck en sy gesin. Hy het 10 van sy beste maats genooi om ook die sirkus te ervaar,” sê Lindie

Sy het ook haar dank teenoor die McLaren-sirkus uitgespreek: “David McLaren en die span van die sirkus is die sterre van die dag. Hulle het hul harte vir die behoeftige gemeenskap van Pretoria oopgegooi en kon die vreugde van vandag se sirkusvertoning ervaar.”

Oud en jonk is vermaak deur akrobate van regoor die wêreld en hansworse. Almal se asems is weggeslaan deur ‘n wit tier en leeus, asook die akrobatiese toertjies van perde, ponies en Franse poedels.

David, wat die eienaar van die MacLaren sirkus is, het die oggend se vertoning afgesluit deur almal te herinner dat kinderdrome waar kan word: “Ek het op vierjarige ouderdom vir die eerste keer die sirkus bygewoon en toe vir my ma-hulle gesê ek wil eendag my eie sirkus hê. Op 21-jarige ouderdom het ek my eerste sirkus in Kaapstad geopen. Dit is net nog ‘n bewys dat jou kinderdrome bewaarheid kan word.”

Die MacLaren sirkus is tot Sondag 19 Julie in Pretoria in Hatfield op die hoeke van Stanza Bopape- en Endstraat. Vir meer inligting oor die vertonings besoek www.mclarencircus.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Daar behoort ook van ons parlementslede op te tree ?

Bruno Stef ·

Peet nou dat jy dit noem ek merk op dat daar n groot tekort aan die kant van Narre is.Ons het in SA n oorweldige aanbod van diesulkes hulle sal ongelukkig aan uitdunne moet deelneem om te kwalifiseer.

Miemie ·

Hartseer hoe ons Suid Afrikaners ‘n verskil wil sien, maar tog is julle die wat nooit ophou oordeel… Ja hulle is ‘n grap, maar wat doen julle om ‘n verskil te maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.