Goeie nuus: SA Ruimte-agentskap help met lansering van Nasa-satelliet

Foto: Nasa

Foto: Nasa

Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap was onlangs behulpsaam met die lansering van ‘n Amerikaanse satelliet, die Soil Moisture Active Passive (SMAP).

Die SMAP meet die vogtigheid in die grond op aarde en karteer dit. Die hoofrol van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap was om hoëresolusie-videomateriaal van die verskillende fases van die dele van die ruimteskip se ontkoppeling via sy Hartbeeshoek-opsporingstasie van die Vanderberg-lugmagbasis in Kalifornië te herlei. Die Suid-Afrikaanse span wat by die projek betrokke was,    het groot lof by die Amerikaners gekry.

Meer oor die rol van Suid-Afrika kan hier gelees word, en meer oor die projek self, hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.