Goeie Nuus: Tekkie Tax se 2014 geldinsamelingprojek ʼn reuse sukses

Tekkie-Tax-2014

Voor sit Gayle Rey (gasspreker), Annelise de Jager (nasionale organiseerder van Tekkie Tax) en Hilda Lunderstedt (Tekkie Tax se ambassadeur vir kinders) en agter staan Helene Potgieter (Tekkie Tax se ambassadeur vir diere), Corinne Turchetti (Tekkie Tax se ambassadeur vir basiese familiedienste) en Michelle Toms (Tekkie Tax ambassadeur vir persone met ‘n gestremdheid). Foto: Esté Meyer Jansen

Verskeie nie-winsgewende organisasies kan vanjaar ʼn vroeë Kersgeskenk te wagte wees nadat die tweede nasionale Tekkie Tax dag meer as R4.8 miljoen vir liefdadigheid ingesamel het.

Die resultate van vanjaar se geldinsamelingsprojek is Vrydag tydens ʼn ontbyt by die Indaba-hotel in Johannesburg bekend gemaak, waar die Tekkie Tax span die borge, maatskappye en welsynsorganisasies wat by vanjaar se projek betrokke was vir hulle harde werk bedank het. Dit bring die totaal wat dié projek sedert sy ontstaan vir welsynsorganisasie ingesamel het op R7 miljoen te staan.

“Die projek het ʼn groei van 114% getoon en ons is ongelooflik dankbaar daarvoor,” het Annelise de Jager, nasionale projekkoördineerder van Tekkie Tax, gesê. “Daar is 300 organisasies wat volgende week ʼn reuse inbetaling in hulle bankrekening kan verwag. Ek wil elke ou daar buite bedank wat hierdie jaar ʼn R10-plakker gekoop het en hulle drafskoene met ons spesiale skoenveters op Tekkie Tax dag in Mei opgetower het. Verder wil ek jou verseker dat dit wat jy in Tekkie Tax ondersteun is die moeite werd en jou geld kom regtig op grondvlak uit.”

De Jager en haar span het tydens die geleentheid ook sommer reeds begin voorbrand maak vir 2015 se Tekkie Tax dag, wat op Vrydag 29 Mei sal plaasvind. Lesers wat meer oor die fondsinsamelingsprojek en die begunstigdes van die projek wil weet, kan Tekkie Tax se webwerf by www.tekkietax.co.za besoek.

 Hierdie artikel vorm deel van Goeie Nuus-week, ʼn gesamentlike projek deur GrootFM, Maroela Media, Finesse, Rekord en PopUp (People UpliftmentProgram). Van 17 tot 21 November plaas ons nie net die klem op goeie nuus nie – ons gaan soek ook goeie nuus wat jou warm om die hart sal maak. Klik hier om al die goeie nuus-artikels te lees wat ons reeds gepubliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.