Goeie nuus: Tweeling vind mekaar ná 25 jaar

Foto: CNN.com

Foto: CNN.com

Anais Bordier is op 19 November 1987 in Suid-Korea gebore, maar is kort ná haar geboorte aangeneem. Sy het grootgeword in Parys, Frankryk.

In 2012 het Anais se vriend vir haar ʼn YouTube-video gestuur van ʼn lokprent wat in die VSA geskiet is – met ʼn meisie wat presies soos Anais lyk.  Anais het bietjie speurwerk gedoen en op die meisie se naam afgekom: Samantha Futerman van New Jersey in die VSA. Toe Anais sien dat sy en Samatha ʼn geboortedatum deel en dat sy ook in Suid-Korea gebore is, het sy op Facebook kontak gemaak.

Volgens Samatha was dit vreemd om dié boodskap te kry, en het sy eers ʼn paar dae later op Anais se boodskap gereageer.

Deur sosiale media kon hulle mekaar beter leer ken, en met die eerste Skype-sessie (wat drie uur geduur het) het hulle besluit om vir DNS-toetse te gaan. Die toetse het bevestig wat hul reeds geweet het: dat hulle sussies is. ʼn Ontmoeting is in Londen gereël en die res is geskiedenis.

Die sussies het hul biologiese ma probeer opspoor, maar sy het geen belangstelling getoon om hulle te ontmoet nie. Albei se aanneem-ouers was aangenaam verras, en het ook genoem dat hulle nie geweet het dat hulle ʼn tweeling is nie.

Anais bly steeds in Frankryk en Samantha in Los Angeles, maar hulle praat elke dag en is nie regtig bekommerd oor die afstand nie.

Dié twee het intussen ʼn boek uitgereik, Seperated @ Birth.

Besoek gerus CNN se blad vir die volledige artikel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.