Goeie nuus: Video: Alles gaan oor liefde – Bouwer Bosch

Bouwer Bosch se nuwe video "Kleurblind" wat verlede week op Youtube gelaai is, is reeds meer as 16 000 keer al gekyk. Foto: Skermskoot uit video

Bouwer Bosch se nuwe video “Kleurblind” wat verlede week op Youtube gelaai is, is reeds meer as 16 000 keer al gekyk. Foto: Skermskoot uit  die video

Bouwer Bosch is nie net meer bekend as ʼn musikant nie, maar ook as rolprentvervaardiger, akteur en skrywer. Bosch is ook verantwoordelik vir die nie-winsgewende organisasies Liefde Wen wat ook vroeër vanjaar die deure vir ʼn aanlynwinkel oopgemaak het.

ʼn Paar maande gelede het hy ʼn video op YouTube gelaai met sy gedig, God. Die video het opslae gemaak in die media en sosiale media en is al nagenoeg 130 000 keer gekyk. Nou lyk dit of sy nuutste gedig, Kleurblind, ook dieselfde roete gaan volg. Dié video is sedert dit verlede week opgelaai is reeds meer as 16 000 keer gekyk.

Volgens Bosch handel Kleurblind oor ons as mense en hoe ons ander mense sien – hoe die manier wat ons grootgemaak is bepaal hoe ons na mense van ander rasse en gelowe kyk. “Die gedig handel oor ek wat wens dat ek soms kleurblind was en dat ek na mense kan kyk sonder enige vooraf idees oor hulle kultuur, want dit is maar hoe ons grootgeword het,” vertel Bosch.

Hy voeg by dat rassisme ʼn groot onderwerp op sosiale media is en dit is vir hom interessant dat mense só baie haat vir ʼn persoon kan hê en dan met dieselfde hart vir God kan liefhê. “Ek is nie perfek nie en maak ook foute, maar ek voel net jy kan nie ʼn Christen en ʼn rassis wees nie.”

Hoewel die gedigte hoofsaaklik positiewe reaksie uitlok, is daar ook negatiewe terugvoer, maar Bosch het begrip hiervoor. “ʼn Mens kan nie van alles hou nie. Ek hou ook nie van al die musiek in Suid-Afrika nie, maar dit is lekker om mense se opinies en kritiek te hoor. Die onderwerpe is maar sensitiewe onderwerpe en as iemand op jou toon gaan trap gaan jy skree, so dis normaal en verstaanbaar. ʼn Mens doen nie hierdie goed vir mense nie. Mens doen dit vir jouself, dat jy gesond kan word.”

Hy sê dit vat baie eerlikheid om iemand kritiek te gee en hy bedank mense altyd daarvoor.

Volgens hom is daar planne vir ʼn hele reeks soortgelyk video’s. “Ek moet sê dit is ʼn baie lekker nuwe styl vir my en dit daag my baie uit as skrywer en dwing my om na nuwe elemente, stories en woorde te gaan soek.”

Liefde Wen is veel meer as net ʼn nie-winsgewende organisasie, maar kan eerder beskryf word as ʼn beweging en lewensuitkyk. Kleurblind skakel ook in by die beginsel van Liefde Wen. “Almal kan liefde voel of uitdeel, maak nie saak in wie of wat jy glo of watter kleur jou vel is nie. Vir my gaan alles oor liefde.”

Maroela Media se radioproduksiehuis Draadloos het ook vroeër vanjaar met Bosch oor Liefde Wen gesels. Luister gerus na die onderhoud hieronder. Die aanlynwinkel was ten tye van die onderhoud slegs op spesifieke tye oop, maar is nou 24 uur per dag beskikbaar.

Hierdie artikel vorm deel van Goeie Nuus-week, ʼn gesamentlike projek deur GrootFM, Maroela Media, Finesse, Rekord en Popup (People Upliftment Programme). Van 17 tot 21 November plaas ons nie net die klem op goeie nuus nie – ons gaan soek ook goeie nuus wat jou warm om die hart sal maak. Klik hier om al die goeie nuus-artikels te lees wat ons reeds gepubliseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Ja ou Bouwer, so het algaar maar hulle eie opinie. Humanisme is al ‘n geloof op sy eie.

Takkie Takuuza ·

Ja ou Bouwer, so het algaar maar hulle eie opinie. Humanisme is al ‘n geloof op sy eie.

Paula Fourie ·

Bouwer
Dis awesome om te weet iemand voel dieselfde as ek oor rassisme. Ek verstaan ook nie hoe jy n Christen is en kan haat dieselfde tyd nie, wat rassisme is niks anders as haat nie. Kon ons almal maar nie kleurblind gewees het en minder oordeel gefel het oor mekaar nie. Watter awesome plek sou die wereld nie gewees het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.