Goeie nuus vir Shaleen Surtie-Richards ná rooftog

Lizz Meiring, Alfred Ntombela, Shaleen Surtie Richards en Leon Schuster, Saterdag voordat Surtie-Richards se hangertjie gesteel is. Foto: Verskaf

Lizz Meiring, Alfred Ntombela, Shaleen Surtie Richards en Leon Schuster, Saterdag voordat Surtie-Richards se hangertjie gesteel is. Foto: Verskaf

Shaleen Surtie-Richards het onlangs goeie nuus ontvang ná haar groot hartseer toe sy onlangs helder oordag in Johannesburg se spitsverkeer beroof is.

Shaleen is vroeër in Februarie beroof toe ʼn drywer haar na haar huis in Roodepoort geneem het ná sy vroeër die dag ʼn werksgeleentheid bygewoon het. Sy is beroof nadat sy die motorruit oopgedraai het weens die hitte. ʼn Man, wat glo sigarette gesmous het, het haar hangertjie met ʼn Krugerrand en haar oorlede ouers se trouringe van haar nek geruk.

Die goudsmid en eienaar van Mr Kruger, Arno Egen, het intussen aangebied om Shaleen se “kosbaarste besittings” te vervang. Mr Kruger is ʼn goudsmid-spesialis en juwelierswarewinkel.

“Ons het aanlyn te hore gekom van die rooftog. Omdat ons besef hoeveel sentimentele waarde sy aan die ringe heg, het ons besluit om dit vir haar te vervang,” het Egen gesê.

Shaleen het vroeër vertel sy het sedert haar ouers se dood nog nie die juwele afgehaal nie. Egen sê Mr Kruger gaan sover moontlik probeer om replikas van die juwele te maak. “Ons het ʼn eerste ontmoeting met Shaleen gereël om te probeer vasstel hoeveel inligting ons oor die juwele kan kry. Ons hoop om sover moontlik presiese replikas van die juwele te maak.”

Die waarde van ʼn Krugerrand word direk gekoppel aan die goudprys. Die geskatte waarde van een Krugerrand is om en by R20 000.

In ʼn onderhoud met Shaleen, het sy aan Maroela Media gesê hoewel die sentimentele waarde van die juweliersware nooit vervang sou kon word nie, staan sy in verwondering oor hoeveel mense nog kan omgee. “Dit is vir my voorwaar ʼn riem onder die hart. Ek was so terneergedruk gewees, en toe bel die mense en sê hulle wil vir my so iets moois doen,” het sy vertel.

Sy sê as mense minder praat oor hoe hulle dinge in die land wil regruk en meer doen, sal hier dalk minder misdaad wees. “Dit bring trane in my oë as ek dink hoe mense in die land steeds kan saamstaan. Kyk maar net hoe het Suid-Afrikaners die boere ondersteun met water. Ek dink net ons moet praatjies los en iets begin doen.”

Sy sê sy het nog niks gehoor oor haar juweliersware nie. “Ek glo ook nie ons gaan dit ooit opspoor nie. Ek het nooit ‘in miljoen jaar’ gedink ek gaan ʼn slagoffer wees nie, en soveel ander dink dit ook. Ons moet iets begin doen en saamstaan om misdaad die nek in te slaan.”

Mense wat moontlik op die ringe afkom, kan steeds Maroela Media e-pos by [email protected] en die inligting sal aan die polisie en Surtie-Richards oorgedra word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Uncle Buck ·

Ek wonder of sy nou haar opinie oor witmense gaan verander, vra maar net

Pieter.v ·

Ek dink dit was ongevraagd ,dis sulke dinge wat maak dat daar soveel verdeeldheid in ons land is.

Hannelie ·

Sal ek ook wil weet Buck? Het ons iets gemis wat sy oor die witmense gesê het? Wil net weet sodat ek kan besluit of ek minder van haar moet hou.

Karma ·

Hannelie/Amanda, SS-R het in Desember, dink ek, ‘n opmerking gemaak oor aktrise wees in die Apartheidsjare. Ek is nie heeltemal seker presies wat die opmerking was nie, maar dit kon vir sekere mense aanstoot gegee het.

Lee ·

Dis baie nice van die juwelier, maar sulke goed gebeur met baie mense. Hoekom dan nie almal wie se sentimentele juweliersware gesteel word vervang nie?

THEA SWART ·

nee Lee ek dink nie so nie – die juwelier weet nie eers wie sin is almal gesteel nie anyway ek dink dis ‘n goeie gebaar van die juwelier om dit vir haar te vervang – wat nie dieselfde betekenis vir haar sal he op die einde van die dag nie maar die idee tel – en as almal van ons net bietjie rondkyk en ‘n verskil maak sal dit almal ten goede beinvloed en nie net die slegte wil sien nie

Johann Marx ·

Dis absoluut nalatig om sulke juwele in die openbaar in Suid Afrika te dra…..sy weet mos hierdie is nie ‘n Eerste Wêreld land met ‘n beskawing nie. Hier bly jy in die oerwoud, waar die vinnigste, sterkste, domste oorleef….deur te hardloop, te gryp wat nie aan hulle behoort nie, en nie verstaaan hoekom hulle in so ‘n doodloopstraat sit nie!! As jy juwele het van waarde…..is die aaklike waarheid dat jy dit nie kan uitstal nie. Sit dit in ‘n kluis, verkieslik in ‘n bank, en dra jou R5 winkel se bling….Laat die gemors wat gryp, dan maar plestiek gryp.

Schalk ·

Wonder ek nou. Sy het n drywer, as sy n drywer kan bekostig, watter voeruig is dit wat nie aircon het nie? Daar word nou n helse storie gemaak van die voorval, intussen is daar baie mense wat erger dinge oorkom. Wat ook baie meer vir die samelewing beteken, van hulle hoor n mens nie. Hierdie is maar net n gratis advertensie vir die juwelier.

Lindie ·

Hoekom gee julle wat kommentaar lewer nou so ‘n bitter nasmaak aan ‘n mooi gebaar en storie? WAT IS FOUT MET JULLE?

Rina Bradley ·

Dis is seker ‘n goeie gebaar, maar weer voel ek ook dat ander mense met baie minder as Sureen ook baie sentimentele goed verloor het. Na ‘n dronkman ons reg van voor in die verkeerde baan getref het en ek my man verloor het, het ek ook sy trouring wat ek nooit afgehaal het van my nek saam met ‘n engeltjie hangertjie van my nek groet – en dit na ek probeer het om iets van Werkloosheids Fonds te eis!!

Danie ·

Dit is ‘n mooi gebaar – kom ons aanvaar dit, maar ek hoor ook wat die ander sê oor dit – daar is baue mense wat nie eers werk het nie, baie het als wat v hulle kosbaar is verloor, baie het nie eers funksies om by te woon nie, wat nog van behoorlike bord kos om te eet…en dan is daar hordes wat nie eers voertuig het nie en moet stap of bus ry waar hulle wil wees, vergelyk dit met ‘n drywer en ‘n eie motor ( of dalk was dit UBER – ha ha ha ). Punt is net, R20 000 kos ‘n baie groter verskil gemaak het op die regte plek – dalk aan ‘n kinderhuis, ouetehuis, skool of plakkerskamp ? Punt is, ons kan sekerlik nie vir die weldoener voorskryf waar hy sy geld moet bestee nie. Almal “Sê maar net…” #doengoed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.