Goeienuus-Kersboom: Meer as 20 ton kos vir behoeftiges

Die 13m-hoë Kersboom het ongeveer 20 ton niebederfbare kosse aan behoeftiges voorsien. Foto: Verskaf

Die 13m-hoë Kersboom het ongeveer 20 ton niebederfbare kosse aan behoeftiges voorsien. Foto: Verskaf

Die makrogemeente kerksondermure en radiostasie GROOTfm het hande gevat met verskeie kerke van Centurion om op 29 November ’n wêreldrekord-Kersboom met slegs niebederfbare kosprodukte te probeer oprig.

Die inisiatief agter dié projek was om in die gesindheid van Kersfees die goeie nuus van die verlossing te deel en behoeftige gemeenskappe in die omgewing van Centurion te ondersteun.

Francois Schoombee, bemarkingsbeampte vir kerksondermure, het gesê die projek het almal se verwagtinge oortref. “Ons sou nooit kon raai dat die projek so ’n groot sukses sou wees nie. Dit bewys weereens net dat baie mense steeds ’n omgeehart vir ander het.”

Die bydraes vir die inisiatief is alles geskenk aan gekose projekte wat behoeftige gemeenskappe ondersteun en deelnemende kerke van Centurion wat die kosprodukte aan behoeftige mense gaan uitdeel. “Altesaam 32 bakkies van een ton elk het die niebederfbare kosprodukte weggery. Ons raai dat daar ongeveer 20 ton kos was,” sê Schoombee.

Die Kersboom was 13 meter hoog en 12 meter breed. Schoombee sê almal wat betrokke was by die projek is dankbaar teenoor mense wat dit moontlik gemaak het om ’n verskil in ander se lewe te maak. “Mense is in die winkelsentrum uitgedaag om aan die projek deel te neem. Dit was ’n absolute sukses en gaan ’n groot verskil in baie mense se lewe maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alida ·

Ek hoop bietjie van daardie kos gaan aan blanke behoeftiges ook. Honger ken nie kleur nie.

anne ·

Ek stem saam met jou alida, wil graag sien dat meer van ons mens ook na ons eie omsien (en ja ek doen my deel)

Eliza-beth ·

Wonderlik. Het die eerste berig hieroor gelees en is bly mense het so goed gereageer!

pop ·

Na ek talle berigte gelees het waar openlik gese word wit kinders word uitgesluit uit enige saak vir behoeftiges, sal ek nie n sent se goed bydra nie. Afriforum sal my geld beter kan aanwend.

anne ·

Liefdadigheid begin tuis (naamlik by my eie). Jy is reg pop, daar is ook baie wit kinders waar die behoefte groot is.

Johan ·

Goeie gedagte net jammer die organiseerders blaas hulle eie beul deur te poog vir die grootste boom ter werld. Waar is die skrif gedeelte nou van pas “die een hand mag nie weet wat die ander hand doen nie”?

nig ·

Agge nee wat Johan, jy is darem nou negatief. Hier gaan dit regtig oor die bekendmaking van hul projek sodat almal kan bydra!Jy kan mos nou nie daardie skrifgedeelte hier toepas nie – hoe sou mense van die projek weet as hul nie dit interessant maak sodat mense kom kyk en bydra nie. Ai, mens kan party mense ook nooit tevrede stel nie.

Ruby ·

pop, ek stem 100% saam met jou.

Johan, ek dink in hierdie geval kan dit dalk ander motiveer om soortgelyke projekte aan te pak en naasteliefde prakties toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.