Gr. 11’s en 12’s, hier is ’n eksklusiewe bosveldkamp net vir julle

Met die Matriek Safari kry gr. 12’s die geleentheid om hul skooljare in die bosveld af te sluit. (Foto: Verskaf)

Berchtesgaden Game Ranch and Lifestyle Farm bied twee afsonderlike, unieke kampe gedurende die komende Desembervakansie vir gr. 11- en 12-leerders aan.

Rateltaai Avontuurkamp – Vir die jong gr. 11-manne, wat lus is vir ʼn uitdaging, word die Rateltaai Avontuurkamp van 5 tot 10 Desember aangebied.

As jy nog altyd ʼn ware Bear Grylls-ervaring wou beleef, is dié kamp net vir jou. Vir sewe dae word daar hoofsaaklik in en van die veld geleef. So leer jy verskeie tegniese veldvaardighede aan wat noodsaaklik is vir enige oorlewingsituasie. Alles van vuurmaak, watersuiwering, skuiling bou en kos soek tot hoe om jouself te beskerm teen die elemente in die veld word hier aangeleer. Alles in die hartjie van die Waterberg se bosveld.

Op ʼn dieper vlak sal die kamp jou help om kritiese denke aan te leer. Jy leer om vrae te vra, om vir jouself te dink en probleme op te los.

Daar is beslis ook nie van die pret vergeet nie. Die week is gevul met aktiwiteite vol avontuur soos swem in natuurlike damme, hindernisbane en ander uitdagende speletjies en vaardighede wat bydra tot probleemoplossing, selfontdekking en spanbou.

Vir die jong gr. 11-manne, wat lus is vir ʼn uitdaging, word die Rateltaai Avontuurkamp van 5 tot 10 Desember aangebied. (Foto: Verskaf)

Matriek Safari – Gr. 12’s kry die geleentheid om hul skooljare af te sluit in die bosveld van 16 tot 22 Desember. Weg van die stadsliggies, klubs en kroeë, geraas van verkeer en besoedelde lug. Hier sal jy sielsrus ontdek, ontvang en jouself kan “regroup” vir die volgende fase van jou lewe – die een sonder die skoolbanke.

Jy het die keuse van net nog ʼn Ballito-, Plett- of Jeffreys-jol; of die bosveld!

Elke dag sal daar een formele aktiwiteit wees, van wapenveiligheid en skietbaan-ervaring, lesing oor slange en reptiele of sommer net perdry. Daar is dus oorgenoeg “me-time” waar jy rustig kan wees met jouself of saam met ʼn vriend of drie die bos ervaar, of selfs die bosveld-TV geniet en die somerson sien sak in ʼn lowergroen omgewing. Sou jy jouself werklik wil bederf, geniet die dagspa of skiet vir oulaas ʼn bok.

Daar sal aandaktiwiteite wees wat “boskoffie”, “bosfliek” en buiteslapery onder die sterre insluit. Pak gerus ook daai mooi pak of rok in vir ʼn formele dinee met opregte bosveld-wense.

Berchtesgaden Game Ranch naby Vaalwater in Limpopo. (Foto: Verskaf)

Berchtesgaden bied ʼn veilige omgewing waar gesondheid- en veiligheidsprotokol, asook Covid-19-maatreëls gehandhaaf word. Spanleiers sluit in opgeleide vlak-1-noodhelpers en paramedici wat ʼn wakende oog oor die bosveldbesoekers sal hou.

Kom geniet die bosveldkuier van ʼn leeftyd met pitkos wat jy vir die res van jou lewe sal saamdra.

Beperkte plekke beskikbaar. Bespreek vandag nog om teleurstelling te voorkom.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus, Ouerskap, Reis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.