Grappies oor SA bekendes laat ons skaterlag

Die inskrywing op Facebook deur Idees Vol Vrees

Idees Vol Vrees se skepper Kobus Galloway het onlangs ʼn golf van giggels deur Suid-Afrika laat losbars met ʼn inskrywing wat mense uitdaag om die gek te skeer met bekendes se name.

“Gooi jou gunsteling- ‘Celeb se [naam en] van’-grappie in die kommentaar. Soos byvoorbeeld: Hou Francois van Coke?”, het Galloway op Facebook geskryf.

Kobus Galloway (Foto: Facebook)

Vinnig was daar meer as 5 000 mense wat hul gunsteling-grappie van ʼn bekende se naam en van neergeskryf het. Die plasing is ook honderde kere op sosiale media gedeel.

Suid-Afrikaners het deelgeneem deur grappies te maak oor Afrikaanse bekendes soos Armand Aucamp, Ray Dylan, Elvis Blue en Lianie May, maar die internasionale bekendes kon nie dié vlymskerp humor vryspring nie. Die gek is ook geskeer met Hollywood se gewildes soos Vin Diesel, Salma Hayek, Ben Afleck en Jay-Z.

Besoek gerus Idees Vol Vrees se Facebook-blad hier om al die kommentare te lees.

Hier is ʼn paar van ons gunsteling-grappies:

Het julle al gesien hoe vinnig pak Adam Tas?

Hoekom voel Elvis Blue?

Weet jy waar daardie Armand Aucamp?

Eet Jacques Pauw?

Jakkie is nie warm nie, Jakkie is Louw.

Weet jy watter tyd van die jaar Jan Blohm?

Weet jy waar Carika Keuzenkamp?

Ray Dylan of loop hy?

Weet jy waar Lianie May sleutels gesit het?

Met Ching, Chong, Cha gooi ek altyd skêr en klip, en dan gooi Brendan Peyper.

Weet jy hoe ver gooi Pierre Spies?

Ken jy vir Wayde Van Niekerk af, of van die werk af?

Ek slaan tennisballe ver, maar toe slaan Roger Federer.

Sal jy vir Ben Afleck?

Baie keer sien ek ’n oop hek. Dan sê ek vir myself: “Ek Salma Hayek toemaak.”

Ek gebruik petrol en Vin Diesel.

Stevie Wonder altyd, hy is nooit seker nie.

Weet jou ma Jay-Z?

Weet iemand dalk hoe Justin Timberlake?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Sjoe en lekker gelag nou vir van die grappies. Sommige mense darem baie skerp :-)

Die Goodwoodianer ·

Dit lyk of Joe Biden geword het na die verkiesing… Seker van stres.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ha ha ha! Hier’s nog een: Oh my, OMD! (Twee groepe van die 60s: OMD / The Diamonds en Orchestral Manouvers In The Dark)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.