Gratis bordspel vir die hele gesin aanlyn beskikbaar

Die Afrikaanse bordspel BogWoordKies is tydens die staat van inperking gratis beskikbaar gestel en beloof om die hele gesin ure lank besig te hou.

Bert van den Heever het saam met sy vrou, Leatitia, die bordspel ontwerp en het vroeër aan Maroela Media vertel dat die spel gebore is in ʼn motor op pad Hermanus toe.

Bert het gesê hulle wou graag iets doen om die inperkingstyd te verlig en het daarom ’n verkorte weergawe van BogWoordKies gratis beskikbaar gestel. Jy kan alles wat jy nodig het onder aan hierdie artikel aflaai.

BogWoordKies word gespeel met Woordkaarte of Vat-ʼn-Kans-kaarte. Spelers probeer om eerste by die wenpunt te kom deur gebruik te maak van bluf, mimiek, tekeninge, algemene kennis of pure geluk.

Daar is ook plekke op die bord waar spelers ʼn boete of ʼn bonus ontvang, sou hulle daarop beland.

Volgens Van den Heever kan BogWoordKies gesien word as ʼn kombinasie van Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary.

Die spel kan deur twee of meer spelers gespeel word en is geskik vir persone ouer as 12. Maar Bert sê hulle weet van baie jonger kinders wat ook die speletjie geniet.

Jy het die volgende nodig om die BogWoordKies uit te druk en tuis te speel:

  • ʼn Drukker (verkieslik kleur), met A4-papier
  • Skêr
  • Dobbelstene (indien jy nie een het nie, kan jy ʼn aanlyn dobbelsteen gebruik)
  • Potlode met uitveër (of penne)
  • Skryfblok of papier om op te teken
  • Gekleurde knope of enigiets anders wat as pionne gebruik kan word

Klik op die woorde om die spel af te laai.

Besoek BogWoordKies se webblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.