Gratis motordiens vir enkelma’s

Moeggesukkel

Foto: Facebook/ Moegesukkel

Moeggesukkel, ʼn liefdadigheidshawe in Raslouw, suid van Pretoria, help nou ook enkelma’s met gratis motorversiening.

“Ons het net gevoel ons kan elke week vir ʼn enkelouer ʼn gratis basiese motorversiening verskaf. Dit kos ons nie so baie nie en dit is juis daardie mense wat hulp nodig het  – enkelma’s wat  huur, skoolfonds en sulke goed moet betaal,” sê Jacques Papenfus, die stigter van Moeggesukkel.

Jacques meen hierdie inisiatief is net nog ʼn manier om terug te gee aan die gemeenskap. “Ons wil seker maak ons bring ons kant – as ons hoor van ʼn behoefte, wil ons graag help. Dit stem ook ooreen met wat God wil hê ons moet doen.”

Enkelma’s wat dié gratis diens ontvang, word genomineer deur lede van die gemeenskap. Jacques sê hulle kry gereeld e-posse, oproepe en Facebook-boodskappe van mense wat enkelma’s nomineer. “Ons het tot nou darem elke week ʼn enkelma gehad wat ons kon help, maar ek dink daar is baie ma’s wat nie hiervan weet nie. As ons 52 ma’s ʼn jaar kan help – hoekom nie?”

Moeggesukkel lewer reeds sedert November verlede jaar dié diens en Jacques sê hulle kry baie goeie terugvoer. “Die ma’s is baie dankbaar. Daar is ʼn paar van hulle wat hier aankom, dan kan jy nie glo hoe hul motors lyk nie. As jy met die ma praat, sê sy net dat daar altyd iets anders om te doen. Hulle is so besig, daar is nie tyd om oor die motor bekommers te wees nie.”

Dié diens is nie eintlik streeksgebonde nie en Jacques meen as ma’s hul motors by Moeggesukkel kan kry, sal hulle help indien moontlik. “Soms kry ons nominasies van kinders wat sê hul ma’s het hulp nodig – dis waar mens mooi stories hoor.”

Indien jy ʼn enkelma wil nomineer, stuur ʼn kort motivering aan [email protected], of besoek hul Facebook-blad vir meer besonderhede. Jacques meen die motivering is belangrik, want dit help hulle ook om mense se situasie te verstaan, asook om kansvatters uit te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sarel Strydom ·

Uitstekend. Hulle moet ten minste een of ander toekening kry.

Miemie ·

Kry ek sommer trane in my oë…Is self ‘n enkelma en weet hoeveel dit beteken om hulp te kry. Sal fantasties wees as dit in elke provinsie kan geskied. Dankie julle

Liana Olivier ·

Ek stem saam dis n wonderlike diens grates geleer. Wonder of so iets in KZN best aan. Ek is n weduwee met bitter min pensioen geldjies

Zuleike Palmer ·

My vriendin was een van die gelukkige wenners vir die diens en dit he SOOO baie gehelp…DANKIE Moeggesukkel vir wat julle vir die mense van Centurion beteken, julle is werklik AWESOME!!

Cobus ·

Om te dien is die suiwerste vorm van Naaste Liefde! Goeie werk!

Amanda ·

Kry ek nou sommer ‘n vreeslike knop in my keel. Julle is fantasies om dit vir mense te doen wat julle doen. Ek haal my hoed af vir julle!

Louw-Marie Rabe ·

Wow – dis wonderlik om te weet iemand gee regtig om. Gewoonlik word ons net ingeloop.

Clara Rossouw ·

Dis soos ‘n fiesiese seening van bo.As enkel mamma is die breek van ‘n motor soos dood…al probeer mens hoe hard is daar nie altyd ‘n geldkie beskikbaar nie.Dankie vir so iets sal definitief die woord versprei.

Annatjie Nel ·

Dis so lekker om te hoor dat daar nog nederige barmhartige mense bestaan. Ek moet nou binnekort ±R3000 vir n motor diens betaal. (105’000km.) Dit is kontant wat ek nie eers het nie. En hartseer van die hele gratis diens projek is, mens het nie brandstof om tot daar te ry nie???? Ek woon nie naby Gauteng nie. Ek woon op die 3 grense van Vrystaat, Noordwes en noord kaap.

Eileen Botha ·

More,Will weet of dit vir pensoenarise ook tel. My Storie is .Ek ry kleinkinders skool toe partykeer op genade. My kar se diens sal so so baie wees. Ek sal nooit seker my kar kan laat diens nie omdat dit so baie gaan wees.

GES ·

Dit is nou Christenskap in aksie. Baie seën op julle werk. Doen so voort.

'N enkel ma en weduwee ·

Ek as enkel ma het verlede week n epos aan moeggesukkel gestuur om hulp vir my ou karretjie te vra en nog geen antw terug ontvang nie. Is daar dalk n ander epos of telfoon nommer?

Alta Cloete ·

My motor lek 4 pinte olie. Ek moet elke 3dag olie ingooi. My motor se strater is ook besig om moeilikheid te gee. Ek het regtig hulp nodig asb. Ek het nie die geld om die motor te laat diens nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.