‘Groen’ droogtehulp vir boere

Die gras word verwerk en aan boere geskenk. Foto: Facebook via The Hope Grass Project

Die gras word verwerk en aan boere geskenk. Foto: Facebook via The Hope Grass Project

Hoewel sommige dele van die land reën gekry het, gaan boere steeds gebuk onder erge droogtetoestande in die voortslepende droogte.

Dié droogte raak nie net die lewe van mense landwyd met groot watertekorte nie, maar dwing ook boere om hulle vee van kant te maak.

Verskeie organisasies het egter koppe bymekaar gesit en saamgespan om die boere in nood te ondersteun met behulp van droogteprojekte soos water- en voerskenkings.

Die Hoop Gras-projek is een van dié projekte en ʼn inisiatief deur AGRI SA. Die projek is van stapel gestuur om boere te ondersteun met voer vir hulle vee. Die doel van die projek is om die gesnyde gras van huise en ondernemings te versamel en dit aan boere te skenk as voer. Die gras word verwerk en verpak voor dit aan behoeftige boere versprei word.

Verskeie skole oor die hele land het reeds beloof om die projek te ondersteun.

Dr. Annelize Geldenhuys, die stigter van die projek, sê mense kan nie bekostig om gras weg te gooi in die droogte nie. “Die idee het ontstaan toe ons besef het hoeveel gras weggegooi word wanneer mense klaar hulle grasperk gesny het. Dié gras kan baie diere voer. ʼn Sak gras van 50 kg kan een skaap vir ʼn maand voer.”

Versamelpunte vir die gras is reeds vasgestel:

Krugersdorp – Bel Louwretta Jacobs by 082 775 5997.

Centurion – Laai jou gras af by AGRI SA se hoofgebou weeksdae tussen 08:00 en 16:00. Bel Willem by 082 570 6825 of 012 643 3407.

Toutrek Park (Pretoria) – Weeksdae tussen 09:00 en 18:00.

As jy wil deelneem aan die projek of skenkings oorweeg, bel die kantoor by 083 696 0007.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

By elke woonbuurt se munisipale stortingsterreine vir tuin afval…..word tonne gras elke dag afgelaai. Hoekom kan daardie gras nie ook aangewend word vir hierdie projek nie?

Elizabeth ·

Ek hoop dat die duisende tuindienste van oor die land hieraan sal deelneem!

HEVW ·

Met hierdie gesnyde gras moet tog versigtig gehandel word want dit verlep vinnig en muf. Dit kan vinnege vrektes meebring Baie belangrik

Willie Opperman ·

Ek sien julle maak krassnysels bymekaar. (tuingras) Die munisipaliteit in Pta het die park in Pierneefstr, Villieria, (by die tennisbane naby Steadlaan) se gras onlans gesny en die hope net so gelos. As julle dalk iemand kan kry om die te gaan haal. Dis BAIE gras. Ek het nie ‘n bakkie nie anders het ek dit gedoen. Hoop julle kom reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.