Groot beurse vir nagraadse studie in Afrikaans beskikbaar

(Foto: Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het ʼn groot aantal ruim studiebeurse vir nagraadse studie wat in Afrikaans afgelê word in ʼn verskeidenheid vakrigtings beskikbaar.

Dr. Dione Prinsloo, hoofamptenaar van die Akademie, sê die doel van die beurse is om Afrikaans as akademiese taal uit te bou. Voornemende studente moet egter gou spring met hul aansoeke, want die uurglas om die geleenthede vir volgende jaar aan te gryp, loop geleidelik uit.

Die beurse bedra ʼn eenmalige bedrag van tot R60 000 vir magistergraadstudente en tot R120 000 vir doktorale studente. Aansoeke is onderworpe aan keuring, met dien verstande dat suksesvolle kandidate geen ander verpligting het as om die studie suksesvol in Afrikaans af te handel, en by publikasie van die navorsing erkenning aan die Akademie te verleen nie.

Die beurse kan bekom word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected], en meer inligting is beskikbaar by www.akademie.co.za.

Tot dusver is beurse reeds toegeken aan studente aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria, Noordwes (Potchefstroom), Unisa, Johannesburg, Wes-Kaapland en die Vrystaat, maar die moontlikhede is nie tot dié instansies beperk nie.

Die beurse geld vir enige studieveld. Studievelde wat tot dusver gedek is, sluit in teologie, opvoedkunde, maatskaplike werk, kommunikasiekunde, joernalistiek, toerisme, ekonomie, regte, Afrikaans, filosofie, kinderkinetika, geografie, chemie, rekenaarwetenskap, ingenieurswese, geskiedenis, beeldende kunste, teaterkuns, biochemie, argitektuur, omgewingswetenskap, kunsgeskiedenis, landbou en oogheelkunde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Waar gaan dié mense werk kry na hulle studie? Ek kon met my 2 universiteitsgrade en jare se werksondervinding nie werk kry nie. Na 2 jaar se gesukkel het ek op my CV gelieg oor my ondervinding en kwalifikasies (volgens my CV het ek net matriek) en toe darem weer ordentlike werk gekry wat nogal goed betaal ook. Maar teen watter prys? Al die jare van swaarkry beteken ek sal moet aanhou werk tot nadat ek 70 is. Van spaar kom ook nie veel nie. So ja, dit het ek nou van 2 universiteitsgrade. Dit was eerder 2 meulstene om my nek.

Gert ·

Wonder watter 2 grade jy het en steeds nie werk kry nie? Sekere grade beteken nie veel meer as matriek nie.

White Rhino ·

Wees ‘n slag positief mense!
My genade!
Glo vir slag!

Blommie ·

Neeeee, dis oor mense net werk soek waar hulle is in hulle area en as hulle nie kry nie. Dan s daar stories, mense spry bietjie julle vlerke en as jy twee grade het, is ek 101% seker oorsee sou jy lag lag regkom………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.