Groot Kersgeskenk vir swanger kelnerin

'n Afskrif van die rekening

‘n Afskrif van die rekening

ʼn Swanger kelnerin wie se verloofde ʼn knie-operasie moet ondergaan, het ʼn groot fooitjie van $900 van ʼn onbekende paartjie ontvang – net betyds vir Kersfees.

Sarah Clark werk by Pita Jungle in Phoenix, Arizona. Sy is nege maande swanger en haar kraamverlof begin in Januarie. Haar verloofde moet vandeesweek ʼn knie-operasie ondergaan en hy sal dus nie ʼn salaris in dié kritieke tyd kan verdien nie.

Sy het verlede Saterdag ʼn egpaar bedien en hulle het ʼn fooitjie van $900 (ongeveer R12 600) vir haar gelos op hulle rekening van $61.30 (ongeveer R860).

“Ek kon nie glo wat ek sien nie, want dit is só groot bedrag, het sy aan CBS 5 KPHO in Phoenix gesê. “Dit het ʼn rukkie gevat voor dit by my geregistreer het, en toe het ʼn ruk lank gehuil.”

Die klant wat die fooitjie gelos het, is ook swanger. Die egpaar, wat anoniem wil bly, het op die nota bygeskryf: “Dit is God se geld. Hy het dit vir ons gegee sodat ons dit vir jou kan gee. God seën jou.”

Sarah het in die verlede al met die vrou gesels oor haar verloofde en dat hy nie sal kan werk nie, en haar bekommernis dat sy op kraamverlof moet gaan. “Dit is net ʼn ongelooflike blyk van vrygewigheid. Ek weet nie of sy besef hoeveel dit ons gaan help nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

al ·

sjoe dis wonderlik! Ons genadige Vader werk op wonderbaarlike wyses!

Duiwelse Advokaat ·

Die werknemer is veronderstel om ‘n standaard salaris te verdien om daarvan gemaklik te kan lewe en ‘n goeie diens aan die klante te gee.

In Amerika word fooitjies as standaard gereken, terwyl in Japan dit as ‘n belediging geag word om ‘n fooitjie te aanvaar.

Waarom is net sekere dienste aan fooitjies onderhewg? Of gaan die publiek in die vervolg konsekwent fooitjies uit deel aan almal wat dienste verskaf soos wanneer hulle Water en Ligte rekening betaal of die Tandaarts aan hulle tande werk.

Lexi ·

Ag, kom nou mense, nog nooit gehoor van die konsep” Pay it Forward” of van” Werp jou brood op die water”, nie?

Sê maar net. ·

Daar is werklik nog barmhartige samaritane. My man het sy werk derde week in Des verloor. Ons was ooetuig dat daar nog tenminste 3 weke se salaris gaan wees. Groot was ons ontnugtering toe ons 3 dae voor Kersfees moes uitvind hulle betaal hom nie. Teen Vrydag middag 16h00 het die Here deur iemand wat ons van geen kant af ken nie R5000 kontant vir ons gegee. Dit dek nog nie al ons verantwoordelikhede nie, dit is ‘n bysaak. Die Here sal voorentoe ook voorsien.Dit is hoe ons Hemelse Vader werk.

Ilise ·

God gee ons net die beste op die regte tyd! Hy is so ‘n amazing Hemelse Vader!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.