‘Groot mylpaal’ vir Adam Tas

Adam Tas (Foto: Twitter)

Die gewilde Afrikaanse sanger Adam Tas se jongste album, Want jy is boer, het pas trippel-goue status bereik.

Tania Fourie, bemarkingsbestuurder van Select Musiek, sê dié status beteken dat meer as 60 000 eksemplare van die album verkoop is.

“Hoewel kunstenaars sedert vanjaar goue status bereik wanneer hulle 15 000 albums verkoop, is Adam op die ‘ou goue’-stelsel. Sy verkope staan dus nou duskant 60 000 – iets waarop ons baie trots is,” sê sy.

Die sanger het hom Vrydag tot sosiale media gewend om sy dankbaarheid uit te spreek.

“Ek is altyd tevrede om in die Bosveld wakker te word, maar vandag selfs meer so. Baie dankie aan almal wat die musiek luister – dis ʼn groot mylpaal vir my,” het hy op Twitter laat hoor.

Ander kunstenaars wie se albumverkope onlangs ook goed gevaar het, sluit in Andriëtte (platinumstatus), Manie Jackson (platinumstatus), Snotkop (platinumstatus), Ricus Nel (goue status) en Refentse (dubbelplatinumstatus).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Plat Plat op die aarde seun met diep wortels wie se musiek praat met sy mense.

Corrie du Preez ·

Awesome musiek – awesome kunstenaar! Luister na PLAAS GENAAMD AFRIKA … dis fantasties! Baie geluk Adam!

Blondie ·

Opregte Boerseun waarop ons baie trots is! Baie Geluk! Mag jy en jou besondere diep songs net van krag tot krag gaan! Baie Seën!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.