[Video] Groot skenkings vir Plastic View-inwoners ná brand

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Moreletapark-gemeente in Pretoria het vandeesweek ingespring om derduisende mense by te staan wat die afgelope naweek dakloos gelaat is ná ʼn verwoestende brand by ʼn informele nedersetting in Pretoria.

Die meeste van die vrywilligers wat by dié projek betrokke is, is kinders wat hul vakansie prysgegee het om die gesinne te help.

Retha Erasmus, die bedieningsleier van die gemeente, sê mense het hul harte teenoor die inwoners van Plastic View oopgemaak. “Die boodskap het net ongelooflik vinnig versprei dat die mense hulp nodig het. Verskeie organisasies staan hulle by in die tyd,” het sy gesê.

Kinders en vroue het Dinsdagoggend tou gestaan vir kos en klere.

Die kerk vra ook vir nog skenkings van doeke en formulemelk, toiletware en nog komberse. Hulle het ook nog hande nodig om te help in die sopkombuis en om skenkings uit te sorteer.

Tree in verbinding met die Moreleta-gemeente deur 012 997 8000 te skakel.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Die hipokrasie van die “weldoeners” darem…My en my gesin word daagliks terroriseer deur die plakkerskamp.Konstante 24/7 bulderende musiek,inbrake,inwoners wat hulle nr 2’s teen die heing kom doen,lugbesoedeling,vullis en rommel problem ens ens ens…Vraag.Hoeveel inwoners is wettig in die land.Vraag.Hoekom neem die NGK “weldoeners” hulle nie in hulle huise in,of gaan dit te ongerieflik wees….

Sonja ·

Johan, ek lees ook hierdie stukkie en staan verstom(al leer ons ons moet ons medemens help), maar dit sou in die 1e plek nie nodig gewees het om te help as die mense NIE in die informele nedersetting gebly het nie. Dit gebeur elke jaar-winter brand alles af,en somer spoel alles weg. En hulle hou net aan daar bly want hulle wèèt hulle sal weer en weer en weer gehelp word. En hulle het krag(verniet want hulle koppel drade) en hoef nie te betaal vir enige iets nie. Nie huur nie, nie erfbelasting nie.

Andrea ·

Sjoe, mense is gaaf! Ek sou nie n sent gegee het nie in die hoop dat hulle sou verkas na groener plak-velde…

hans ·

In KZN het n egpaar ook aan mense hulp en huisting gegee,op voorwaarde dat dit slegs n tydelik reeling is. Die uiteinde is dat die egpaar al 2 maal hooggeregshof toe moes gaan en van die plakkers is nog steeds op grond. Dink die NGK het n lat vir hul self gepluk.

Grap ·

Hierdie mense wat so vinnig is om te help in die weste van Pretoria is wit plakkerskampe met babas wat in ‘n tent bly en ook nie kos het nie hierdie mense is suid Afrikaanse burgers wat nie werk kry omdat hulle wit is wat nie behuising kry nie oor die kleur van hulle vel hoekom help julle hulle nie of is dit nie polities korrek nie.

CR ·

Het alreeds genoem dat daardie klomp verantwoordelik is vir al die skietery en diefstal in ons eens goeie omgewing. Wat probeer die kerk doen, wil hul gemeentelede wen of wat. Ek stem, hoekom help hul nie liewer ons eie mense nie. Gaan so interessant wees as daai mense eendag besluit om by die kerk in te breek en te plunder.

Hoekom ·

Kennis en goed oordenkte navorsing is duidelik nie gedoen voor diè manier van uitteik.

Lance ·

Wat n groot probleem is dit nie …wonder hoeveel van die mense is wettig in SA

gatiep ·

Toemaar more is weer n klomp wit rassiste as julle niks meer gaan he om te gee nie.

amelia ·

Laat hulle eie mense vir hul aandra en die wittes dan vir ons eie mense of is dit n geval van wil tog nie dat daar weer gekruip word vir wat ??? Daar is so baie wit plakkerskampe wat word vir hulle gedoen sowel as die kinder huis by East lynne al wat ek kan se Ai mense word tog asb net betyds wakker

Didi ·

Ek is so bly daar is nog mense wat voel soos ek. Ons is goed genoeg om te gee en gee en gee…maar ou boeta…ons word eerste aangeval en geteiken en dan is dit nog ons skuld ook omdat ons “bevoorreg” was…

Minx ·

Goeie geleentheid om hulle te deporteer waar hulle vandaan kom.
Die lewe is duur en daai plakkers as hulle nie steel nie dan teel hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.