Grootste Afrikaners is plesierig

Paul Kruger en Koos de la Rey het reeds kragte gemeet, en CJ Langenhoven en MER het bewys dat die pen magtiger is as die swaard…

Die veldtog om die Grootste Afrikaner van Alle Tye aan te wys het Aardklop-gangers in rep en roer. Gesprekke om die top 10 in dié gedeelte van die veldtog teen mekaar op te weeg, vind daagliks om 17:00 in die Cachet Kleinteater in Potchefstroom plaas. Toegang is gratis en jy kan boonop ‘n gratis T-hemp met die gesig van jou gunsteling Afrikaner-ikoon ontvang!

Indien jy nie die gesprekke kan bywoon nie, kan jy daagliks van 17:00 af hoogtepunte uit die onderskeie gesprekke regstreeks op Twitter by @maroelamedia volg.

Onthou dat jy steeds jou stem hier kan uitbring.

Die res van die program verloop soos volg:

4 Oktober
Steve Hofmeyr (verteenwoordig deur Kallie Kriel, uitvoerende hoof van Afriforum)
vs.
Riaan Cruywagen (verteenwoordig deur Jaco Kirsten, bekende joernalis)
Gespreksleier: Niekie van den Berg, voormalige radio-omroeper, onder meer as aanbieder van Sê Wie op RSG

5 Oktober
Laurika Rauch (verteenwoordig deur Tinus Esterhuizen, musiekregisseur)
vs.
Mimi Coertse (verteenwoordig deur Thys Odendaal, voormalige kunsredakteur van Beeld)
Gespreksleier: Niekie van den Berg, voormalige radio-omroeper, onder meer as aanbieder van Sê Wie op RSG

6 Oktober
Liewe Heksie (verteenwoordig deur Franci Greyling, kinderboekskrywer en dosent in skryfkuns aan die ATKV-Skryfskool)
vs.
Haas Das (verteenwoordig deur Lochner de Kock, musikant en akteur)
Gespreksleier: Carel Trichardt (akteur en stem agter die gewilde kinderkarakter Knersus)

Hoop om jou daar te sien!

Danie Langer (links) het MER verteenwoordig, prof. Johannes Froneman (regs) het CJ Langenhoven verteenwoordig en Kobus du Pisani (middel) was die gespreksleier tydens die historiese kategorie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.