Max, die Australiese beeshond (ook bekend as “blue heeler”) van Queensland in Australië wat oornag ʼn internetsensasie geword het toe hy ʼn driejarige meisietjie langer as 17 uur in die bos beskerm het nadat sy verdwaal het, het Queensland se eerste erepolisiehond geword.
Aurora (3) het op 20 April op haar familie se groot landgoed naby Warwick in Queensland se Southern Downs verdwaal saam met die 17-jarige familiehond, wat doof en gedeeltelik blind is.
Ná die kleuter se verdwyning is ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur, met meer as 100 staatsnooddiensvrywilligers, polisielede en lede van die publiek wat na haar gesoek het.
Daily Mail berig dat Aurora en Max die nag saam in die ruie bosse in die koue en reën deurgebring het voordat hulle die volgende oggend twee kilometer van waar hulle verdwyn het, gevind is.
Kelly Benston, ʼn vriendin van Aurora se ouma, Leisa Marie Bennett, het aan ABC gesê Bennett en ander vrywilligers het Aurora gehoor vanaf die bokant van ʼn berg. Dit was egter te danke aan Max dat Aurora gevind is. “Sy het eers die hond gevind en Max het haar na Aurora gelei.”
Volgens Bennett het Max nooit Aurora se sy verlaat nie. “Aurora het na ‘hond’ geruik omdat sy teenaan hom geslaap het.”
Ian Phipps, ʼn nooddiens-gebiedskontroleerder, het gesê die ligging om die huis op die landgoed waar Aurora vermis geraak het, is ʼn bergagtige gebied en dit is moeilik om daar te stap. “Sy het ʼn redelike ent gestap saam met haar hond, wat baie getrou aan haar sy gebly het.”
Max se lojaliteit het polisiebeamptes genoop om dié ou Australiese beeshond tot erepolisielid te verklaar. Max het Dinsdag amptelik sy titel ontvang.
Dit is nou n goeie hond fantasties Max nou wil so baie mense weet hoekom diere liefhebbers so been af is oor hulle diere !!!!
Ek lig my hoed die soveelste keer vir die getrouheid en liefde van ‘n dier voor wie ons as mense soveel keer beskaamd moet staan vanweë selfsug en liefdeloosheid
Wow!!!
Mooi en positiewe berig. Dankie!!!!!?
@ Fanie Naude:
Jy beskryf die waarheid – so mooi ! Baie dankie.
DANKIE lieflike Max
Iets baie mooi wat my dag gemaak het ! Verlang sommer na my woefers by die huis…..
Drie hoeras vir Max dit wys maar net weer honde word gebore met liefde, mense moet oud word om te leer wat liefde is.
Maar daar word elke dag hier op kommentaarkolomme geskreeu ‘skiet vrek daai hond’ .. jaa hoor . die arme diere is ook net goed as hulle mense se lewens red . as hulle skeeftrap moet hulle doodgeskiet word . WONDERLIKE werk word deur honde gedoen . kry of afrigting en HOU HULLE IN JOU ERF .. dan sal niemand iets oorkom nie …O ja en hou die heiningklimmer Ninjas uit jou erf uit .. dan sal hulle OOK niks oorkom nie.
Dierbaar
Dis wat ek noem pure kameraadskap jou beste vriend sal jou nooit in die steek laat hul is meer vertou baar as jou tweede helfte
Wonderlike werk ?