Hardloop voor die kaas smelt!

Polisie-help-seun

Foto: Facbook/SAPD

Dis so warm in Ceres dat die kaas sommer smelt as dit nie gou genoeg in die yskas gebêre word nie. Of so sê ʼn jong seun nadat ao. Andries Douglas dié kind langs die pad gekry het waar hy so vinnig soos blits kaalvoet gehardloop het in die bloedige hitte van ongeveer 40 ºC.

Volgens die SAPD se Facebook-blad het die kind gesê hy hardloop huis toe, want hy is bang die kaas, wat hy pas gekoop het, gaan smelt. Ao. Douglas het die kind huis toe geneem om seker te maak hy kom veilig tuis en dat sy kaas nie smelt nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Blommetjie ·

Hoe lekker glimlag ek nou! Dis presies wat n bejaarde oom vir my gese het vanmiddag in Pick en Pay!

Blommetjie ·

Hoe lekker glimlag ek nou! Dis presies wat n bejaarde man vanmiddag vir my gese het in Pick en Pay dat sy kaas gaan smelt voordat hy by die huis gaan wees. Dit maak mens se hart warm om te dink daar is nog polisie wat regtig omgee!

Maryna ·

Is waar, kaas raak onsmaaklik pap buite in hitte! So dit sal regtig smelt by 40 grade!

Natasha Brittz ·

Lekkerrrrr lag ek jou. Dankie SAPD wens daar was meer sulke goeie mense soos julle. Boeta ek hoop jou kaas was heerlik gewees.

rietrot ·

Dis lekker om goeie nuus te lees ,waar mense vir mekaar om gee.

DEE ·

Dankie tog vir die geleentheid huis toe! Daardie kaal voete sou seer gebrand gewees het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.