Harte uitgestort vir eensame wewenaar

Kersfees

Kersfees

ʼn Wewenaar, slegs bekend as Raymond, het ʼn oorweldigende reaksie gekry nadat hy op Facebook te kenne gegee het dat hy nie op Kersdag alleen wil wees nie.

Raymond het Donderdag op sy plaaslike gemeenskapsblad, Prestwich People, in Engeland ʼn versoek gerig dat hy nie op Kersdag alleen wil wees nie.

“Ek het my vrou vroeër vanjaar verloor en ek sien op teen Kersfees sonder haar,” het Raymond geskryf. “Ons enigste seun is self ʼn volwassene met sy eie gesin en hulle bly in Australië. Hy kan nie Kersfees hierheen kom om by my te kom kuier nie, en ek kan nie so ver vlieg om by hom te gaan kuier nie.”

Raymond sê hy wil nie ʼn “oorlas” van homself maak nie, maar wou weet of daar moontlik plekke in die gemeenskap is waar mense op Kersdag bymekaarkom sodat hy nie sy aandete alleen hoef te eet nie.

Meer as 180 persone het al op die plasing kommentaar gelewer, waarvan meeste hul huise en harte vir Raymond oopgemaak het.

Die eienaar van die Facebook-groep het gesê hulle het al die aanbiedinge vir Raymond aangestuur, maar hy het nog nie reageer nie.

InboxI hope you can post this for me. Thank you.I have been gaining the courage to write this so here goes…I lost…

Posted by Prestwich People on Thursday, 17 December 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marianne ·

Shame ja… party mense is bang vir alleen wees. Ander verkies dit of het geen keuse nie… ‘n buurvrou bekend aan my se sy sal alleen wees want God het haar as een gemaak…. ek dink sy lei aan selfbejammering aangesien haar HELE familie binne 5 uur se ry of 40 min se vlieg van haar af!!!

tina vans ·

party mense WIL alleen wees? hoekom nie? as mens vrede in jouself het is alleen wees, lekker, rustig, kos vir die siel, alleen tyd, kwaliteit tyd, tyd vir gedagtes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.