Hawelose snel slagoffers in Manchester te hulp

Stephen Jones (ITV News)

Ná die selfmoordbom-tragedie in Manchester in Brittanje het ʼn hartroerende storie van naastediens onlangs aan die lig gekom.

Stephen Jones (35) is ʼn hawelose man wat ten tyde van die konsert rustig geslaap het. Hy het wakkergeskrik toe hy die harde slag hoor, ondersoek gaan instel – en onmiddellik ingespring om die slagoffers by te staan.

ʼn Nuusvideo van Jones het sedertdien wêreldwyd op sosiale media versprei.

“Daar was baie ander haweloses wat kom help het. En toe ons die bebloede kinders sien…. As ek nie gaan help het nie, sou ek nooit met myself kon saamleef nie,” het Jones gesê. “Ek het gehelp om spykers uit kinders se arms te trek en moes selfs uit een dogtertjie se gesig ʼn spyker haal.”

David Sullivan, voorsitter van die West Ham United Football-klub en sy seun Dave het die video gesien en was diep geraak deur dié man se optrede. “As jy hierdie man kan opspoor, sal ek ses maande huur namens hom betaal,” het David vir sy seun gesê.

Die Sullivans het hulle tot sosiale media gewend op Jones op te spoor. Hulle beplan om vir hom nuwe klere en kos te koop en daar is selfs ʼn onderneming wat vir Jones ʼn werk aangebied het. “Almal verdien ʼn tweede kans, ek weet nie wat met hom gebeur het nie, maar ek hoop werklik dat hy sy lewe weer kan regruk,” het Dave gesê.

Volgens Sullivan was dit ʼn tragiese gebeurtenis hoewel die reaksie van die mense in Manchester braaf was en almal saamgestaan het. “Stephen was net een van die honderde mense wat van hulle eie veiligheid vergeet het en gejaag het om die ander mense by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

hannelie du toit ·

By het uit sy pad gegaan om te help nou is dit sy beurt om gehelp the word by het nie gevra wat die omstandighede is nie net begin help so moet hom took nie sy omstandighede vra nie help hom net

VYTJIE ·

niemand sal die wee van die HERE OOIT verstaan nie. uit die hartseer kom ook die mooie na vore. ~n tweede kans!!!!

Lee ·

Na al die hartseer en drama van die Machester bom is die ‘n goeie mooi storie. Dankie Maroela

D. ·

Hoop hul kry hierdie man en dat sy lewe net vir die beste sal uitdraai.

Liezl ·

Sjoe, artikels dryf my nie na trane nie. Ek lees en voel jammer vir mense. Maar hierdie een sit die trane nou hier vlak in my oë!!!! FANTASTIES!!

Genieve ·

Mag die Here hom waarlik seen.Ek dink ook hy verdien op n 2de kans sowaar.

LC ·

Eerstens gee die man n Bels, maar meer belangrik hoop ek dat die britte vir die man sal werk gee en n plek om in te bly. Dankie vir sulke mense in ons samelewing.

Lollie ·

Fantastiese verhaal! Hoop sy lewe draai na die teenoorgestelde kant toe en dat hy voel hy het iets om voor te lewe. Wys jou hoe mense iemand op sy baadjie takseer. Sy binneste is goud!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.