Help bedelaars eerder met dié koeponne

Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand probeer hierdie jaar wéér om bedelaars van Pretoria en Centurion se strate af kry met hul jaarlikse #geeREG-veldtog.

Die #geeREG-veltog is in 2016 begin nadat ʼn Helpende Hand-studie in 2015 getoon het dat soveel as 90% van bedelaars aan dwelms verslaaf is.

Die doel van die koeponstelsel is om ʼn alternatief vir lede van die publiek te bied wat gereeld geld vir bedelaars by verkeersligte gee. In plaas van die kontant kan daar nou ʼn koepon vir die bedelaar gegee word, wat hy of sy vir ʼn bord kos by een van sewe kospunte kan inruil.

Daar is reeds 8 468 kospakkies aan bedelaars uitgedeel en ʼn indrukwekkende 161 bedelaars is van die straat afgehaal en het deel geword van die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum.

Volgens René du Preez, ʼn projekorganiseerder by Helpende Hand, is hierdie projek veel meer as net ʼn sopkombuis. “Die geeREG-koeponstelsel word bedryf deur gerehabiliteerde dwelmverslaafdes. Hulle weet hoe dit is om op straat te leef en hulle is ʼn lewende getuienis dat daar ʼn alternatief vir bedelaars moontlik is.

“Die bedelaars kry ook meer as net ʼn bord kos. Hulle word daadwerklik bearbei om hulle van die straat af te kry. Wanneer hulle dan instem, word hulle deel van die Moeggesukkel-rehabilitasiesentrum en kry ʼn tweede kans om ʼn sukses van hulle lewe te maak.”

Om meer uit te vind oor die stelsel of om koeponne te bekom besoek gerus www.geeREG.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adri ·

Goeie inisiatief. Maar verander asb. “koeponne” na “koepons” (HAT).

Dalene de Vente ·

Dagsê Adri

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die HAT se sesde uitgawe is koeponne of koepens aanvaarbaar.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Eish ·

Dit is n baie goeie inisiatief en ek is dankbaar teenoor Solidariteit vir hierdie inisiatief.

Waar is die 600 000 blankes wat reeds verarm het volgens vorige berigte? Daar is ook gemeld dat die groep groei met 7500 pee jaar.

Nie al die armes bedeling nie. Watter inisiatiewe bestaan om die mense te help?

My bekommernis is die mense wat agv BEE en ander diskriminering hul menswaardigheid verloor. Bestaan daar n kamp of iets waar hul kan oorleef? Die groepie gaan aansienlik groei vorentoe.

Minimo ·

Daar’s heelwat plakkerkampe vir witmense, mense verkies om n blinde oog te gooi met dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.