Helpende Hand bied leiding vir entrepreneurs

lukas-coetsee

Lukas Coetsee. Foto: Verskaf.

Deur Lukas Coetsee

Hoe meer mense in staat is om besighede te bedryf en ons hul besighede ondersteun, hoe sterker word ’n samelewing. Die bose afwaartse spiraal wat armoede veroorsaak, kan alleenlik omgekeer word met die skep van ’n vorm van vooruitgang en welvaart waar mense hulself en dié na aan hulle ophef.

Hoeveel mense het nie al ’n goeie idee vir ’n besigheid gehad nie, maar word ontmoedig deur reëls en die onsekerheid van goed waarvan hulle nie weet nie? Kennis is mag.

In samewerking met Solidariteit Helpende Hand, bied Entrepreneurs Wizard twee afstandsonderrigkursusse aan vir opkomende entrepreneurs. Die een kursus is gemik op toetreders tot die mark wat ’n klein onderneming wil begin met beperkte kapitaal, en die ander ’n meer gevorderde kursus vir die bou van ’n intensiewe besigheid – hopelik iets wat in ’n latere stadium op die aandelebeurs gelys kan word, plaaslik en in ander lande. Laasgenoemde is ideaal vir ’n jongmens wat onseker is wat om te studeer of ’n afgestudeerde persoon met blink planne vir besigheid.

Studente ontvang hul onderrigmateriaal en werkopdragte vir die duur van die kursus weekliks elektronies en daar is ’n oop gespek in ’n kletskamer saam met medestudente en lektors om onderwerpe en interessanthede op ’n vasgestelde tyd een aand in die week te bespreek. Daar is ook geleentheid vir persoonlike kontak met seminare wat van tyd tot tyd aangebied word. So word ’n opkomende entrepreneur toegerus met al die boublokkies wat nodig is om die beste kans op sukses te kan hê.

Wat ons onderskei van ’n gewone kursus, is die besigheidsbegeleiding wat daarna plaasvind om die student te help met spesifieke probleme en uitdagings verbonde aan hul keuse vir ’n besigheid. Daar is mentorskapprogramme en netwerke waarby hulle kan inskakel sodat die opkomende sakepersoon nie in afsondering hoef aan te ploeter nie.

Die kort kursus duur 14 weke en die omvattende kursus 34 weke.

Vir meer inligting, besoek www.entrepreneurswizard.co.za.

  • Lukas Coetsee is die besturende direkteur van Entrepreneurs Wizard. Coetsee is ’n suksesvolle entrepreneur. Solidariteit Helpende Hand stuur vanjaar in Maart ’n entrepreneursprojek saam met Coetsee van stapel om armoede te verlig, verbreek en te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.