Veertig bejaardes se lewens is drasties verander danksy Solidariteit Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moet gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hulle apparate gekry.
Die bejaardes, wie vroeër die maand getoets is deur die Impact Hearing-span het op 27 Oktober by Helpende Hand se hoofkantoor in Centurion opgedaag om hulle apparate te ontvang en in te stel.
Tannie Johanna Nel, van Christiana in Noordwes, was een van die 15 kandidate wat gelukkig genoeg was om ’n daadwerklike verbetering op haar gehoor te ervaar.
“Hoekom is julle so goed vir my?” het sy in trane gevra na sy haar gehoorapparaat ontvang het. “Ek het dit nie verwag nie. Dis so wonderlik om te hoor en nie te vir mense te vra om hulleself te herhaal nie.”
Tannie Johanna word in November 75 jaar oud en woon in ’n lieflike ouetehuis in Christiana. Haar dogter se grootste wens was om vir haar ma ’n gehoorapparaat te kry. Maar sy is nie finansieel in staat om dit te doen dit nie. Dis toe dat haar vriendin haar vertel van Helpende Hand se projek, maar genoem dat die afsnydatum reeds verby was. Nietemin het hulle die organisasie gekontak en ’n afspraak gekry.
Die projek duur steeds voort en hoop om nog baie mense se lewens te verbeter met die wonderwerk van gehoor.
Vir meer inligting oor die projek, kontak gerus vir Vena Strauss by 012 344 4390 of besoek www.helpendehand.co.za en lees meer oor die ander lewensverrykende projekte wat die organisasie aan die gang het.
Baie dankie vir elke persoon wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het vir ons ouer mensies. Elkeen van hulle verdien dit so baie. Dankie dat daar nog menslikheid en liefde oor is, in SA. Dankie Helpende Hand dat julle OMGEE!
En dit is hoekom ek julle ondersteun! Baie dankie vir wat julle doen. Ek is skoon in trane!
Wens net julle het n tak in PMB gehad of was meer aktief in KZN.
Ek het so pas 66 geword en wonder net wanneer word ek ook n “mensie”