HelpHanna: Jou bydrae kan meisies se selfwaarde bevorder  

help-hanna-amalia-uys

Amalia Uys is een van die bekendes wat die #HelpHanna-projek van Helpende Hand ondersteun. Foto: Helphanna.co.za

Die #HelpHanna-projek is in die lewe geroep om skoolmeisies van sanitêre ware te voorsien en hulle toe te rus sodat hulle met selfvertroue en sukses hul skoolloopbaan kan voltooi. Hierdie projek het verlede jaar aan meer as 3 700 meisies in 130 skole sanitêre ware verskaf en is nou oop vir aansoeke vir 2017.

Solidariteit Helpende Hand wil skole en ander instansies aanmoedig om aansoek te doen sodat meisies regoor die land gehelp kan word. Laer- en hoërskole, kinderhuise, pleegsorg- en nasorgsentrums asook ander instansies wat hulp nodig het, kan aansoek doen! Aansoeke is oop tot 20 Februarie 2017. Besoek www.helphanna.co.za.

Solidariteit Helpende Hand het die projek in 2015 geloods nadat studies getoon het dat meer as 10% van meisies in Afrikaanse skole nie oor genoeg sanitêre ware beskik om deur die maand te kom nie. Daarby mis tot soveel as 7% van meisies skool omdat hulle verleentheid wil vermy.

Volgens Michellé Burger, die projekorganiseerder, het die tekort aan sanitêre ware nie net ’n negatiewe uitwerking op hulle akademiese prestasie nie, maar beïnvloed dit ook die meisies se selfwaarde en selfvertroue. “Die projek het ten doel om sanitêre ware aan meisies wat dit nie kan bekostig nie te verskaf, maar ook om meisies se selfwaarde en selfvertroue te bevorder,” sê Burger.

“Terugvoer van skole wat reeds in 2015 en 2016 gebaat het by die projek is dat daar ’n duidelike verbetering is in meisies se skoolbywoning, asook meisies se selfvertroue en bereidwilligheid om na vore te kom indien hulle ’n tekort aan die produkte het.”

Lede van die publiek kan tot die projek bydra deur te help met insamelings of skenkings.

SMS die woord “helphanna” na 38969 en maak ’n bydra tot ’n Hanna-pakkie wat help om meisies in die skool te hou. SMS’e kos R10. Vir meer inligting oor die projek en hoe om betrokke te raak en ook by die projek te baat, besoek www.helphanna.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. ·

UITSTEKENDE projek. Gee waardigheid aan meisies – hoop tog net almal wat Maroela lees sms – dis so damn maklik om so te skenk! Jong meisies is alreeds skaam “daardie” tyd van die maand en om nog te moet sukkel sonder die nodige goed – kan my nie indink. SMS mense, sms!

Jan S ·

As ‘n man sal hierdie onderwerp my altyd ongemaklik maak…maar ek dink dis ‘n great iniatief. Kom, skenk daai R10 nou !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.