#HelpHetta-projek wil sanitêre ware vir meisies insamel

helphetta-helpende-hand-lizelle-joubert-lynette-beer-en-benette-rautenbach

Lizell Joubert (links) en Benette Rautenbach (regs) saam met die motiverinspreker, Lynette Beer, by ‘n onlangs praatjie aan meisies as deel van die #HelpHetta-projek. Foto: Verskaf.

Solidariteit Helpende Hand het vandeesmaand tydens Vrouemaand gepoog om meer as 1 000 pakkies sanitêre doekies vir minder bevoorregte meisies landwyd in te samel.

Die organisasie het navorsing gedoen oor tienermeisies se gevoel teenoor hulle maandelikse menstruasiesiklus en dit het getoon dat die natuurlike proses ʼn groot impak op meisies se lewens het en dikwels baie negatief ervaar word.

“Die meerderheid van meisies (63%) het gesê menstruasie is nie aangenaam nie. Ongemaklikheid en haat is die twee gevoelens wat hulle die meeste hiermee vereenselwig, gevolg deur selfbewustheid en vrees.

“Verder sal net 48% van die meisies hul siklus met ʼn voog bespreek. Meisies is selfbewus, seer, ongemaklik en selfs bang oor wat met hulle liggame in dié tyd gebeur,” het Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand, gesê.

Joubert meen die negatiwiteit word hoofsaaklik veroorsaak aan ʼn tekort aan kennis oor wat presies menstruasie is en behels.

“Slegs 10% van meisies sien dit as deel van ʼn natuurlike proses wat hulle in staat stel om kinders te verwek.

“Helpende Hand het tydens Vrouemaand die fokus op meisies geplaas en hulle gevoelens tenoor hul liggame. Ons wil hê hulle moet positief wees oor hul lyfies, besef dat menstruasie ʼn normale deel van die lewe is en hulle help om die moed te hê om hieroor te gesels,” het Joubert bygevoeg.

Die navorsing het getoon die meerderheid van meisies (73%) het tussen die ouderdom van 11 en 13 begin menstrueer, met ʼn verdere 16% wat tussen die ouderdom van 14 en 15 begin menstrueer het. Net sowat 8% van die 459 meisies wat aan Helpende Hand se navorsing hieroor deelgeneem het, het voor hulle tien jaar oud was begin menstrueer.

Nog ʼn interessante feit uit die navorsing is dat die meerderheid van respondente (87%) sanitêre doekies gebruik terwyl net 13% tampons gebruik.

HelpHetta-produkte

Sanitêre ware word aan meer as 3 100 skool meisies voorsien. Die produkte word aan skole verskaf wat die pakkies met sanitêre en ander toiletware aan behoeftige meisies in hulle skole versprei. Foto: Verskaf.

Helpende Hand het in 2015 bepaal dat soveel as 11% van meisies nie genoegsame sanitêre ware het om deur die maand te kom nie.

Volgens Hannes Noëth, uitvoerende direkteur vir Helpende Hand, is die #HelpHetta-projek geskep met die fokus om behoeftige meisies by te staan met items wat dikwels deur die meeste mense as vanselfsprekend aanvaar word.

“Sanitêre ware word aan meer as 3 100 skool meisies voorsien. Die produkte word aan skole verskaf wat die pakkies met sanitêre en ander toiletware aan behoeftige meisies in hulle skole versprei,” het Noëth gesê.

Só kan jy by #HelpHetta betrokke raak:

Lesers wat Helpende Hand se #HelpHetta-projek wil help om die doelwit van ʼn 1 000 pakkies sanitere doekies in te samel in Augustus kan ʼn e-pos voor of op Vrydag 31 Augustus stuur na [email protected] of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jax ·

Dis nou hier waar ek verskil van die mense. As n mens die hele tyd net gee, skep mens n tendens van bak-hand staan vir als. As daar dan nou gegee moet word, gee dan aan al die skool gaande meisies wat reeds Met hul maandstonde begin het. Meisies en seuns moet hieroor ingelig word sodat daar meer begrip is. Alle vroue gaan daardeur – baie Met erge simptome en vir ander is dit “a walk in the park”. Die feite van die saak is: 1, dit is n natuurlike liggaamsfunksie vir alle vrouens en daar moet meer begrip en verstaan wees rondom die saak; 2, die sanitêre ware is duur vir almal – verlaag die prys of stel dit gratis beskikbaar vir almal. n Mens kan sowaar nie net een gedeelte van die bevolking se vrouens wil help nie. Dit is uiters onregverdig teenoor beide partye!
3, meisies/dames moet leer dat anti-inflamatoriese produkte n beter uitwerking teen die pyn sal hê en ek voel sterk dat klinieke/die staat, dit gratis aan alle skole moet voorsien sodat die ontvangsdame/skool assistente dit kan uitdeel aan die meisies wat swaar kry gedurende hulle maandstonde – of dat hulle dit teen n baie geringe bedrag kan aankoop by hul skool. Ma’s en dogters moet raad gegee word oor hierdie aangeleentheid
Gee en gee en nogmaals gee help niemand in die lang termyn nie. Subsidieer die produkte of gratis aan almal!

thea ·

nog nooit gesien dat die ANC vroueliga /EFF help nie? wonder maar net, of sien hulle dit as n westerse problem ????

Andre ·

Hierdie is net ‘n simptoom van ‘n groter probleem. Hoekom kan mense nie hulle aantal kinders inlyn bring met hoeveel hulle kan na omsien en opvoed nie? Waar is die ma’s wat hulle moet leer? Hoekom moet ander mense (party sonder kinders met redes) hulle kinders onderhou? Groot ketting apteek speel op jou gevoel met iemand wat jou vra vir die “skenking” wanneer jy betaal of in die tou staan om te betaal? Hoekom wil ek iemand ander se dogters se doekies bespreek in die apteek? Ons betaal alreeds so baie belastings vir SASSA!! Wat van eerder kondome verskaf wat die probleem langtermyn sal oplos?

Yvonne ·

Edel gedagte maar ek sluk maar swaar. Geen geld vir sanitere doekies maar wel vir selfone en lugtyd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.