Het jy wat dit verg om Kersvader te wees?

Winkelsentrums landswyd is op soek na Kersvaders. Argieffoto.

Winkelsentrums landswyd is op soek na Kersvaders. Argieffoto.

Kersvader het vanjaar te veel hooi op sy vurk om by almal uit te kom en daarom soek winkelsentrums landwyd na Kersvaders en dwergies om by te dra tot die feestelikheid van Kersfees.

Daar is egter ’n vereiste: Jy moet ʼn man tussen die ouderdom van 30 en 60 wees, jolig en met ’n groot maag.

Claire Cobbledick, hoof van bemarking by Gumtree Suid-Afrika, sê hoewel dié posbeskrywing nie alledaags is nie, stroom die aansoeke om Kersvader te speel reeds in. “Ons kry gewoonlik tussen tien en 20 oproepe in November, maar die getal neem drasties toe in Desember.”

Volgens Claire word die meeste Kersvaders deur groot winkelsentrums in diens geneem, maar daar is ook ’n groot behoefte by Kersmarkte en liefdadigheidsorganisasies. Betaling en posbeskrywings verskil van organisasie tot organisasie. “Dit bly egter steeds die enigste werk wat van jou verwag om jolig te wees en die grootte van jou middel in ag neem,” skerts Claire.

Sy maan ook dié wat wil aansoek doen om bereid te wees om lang ure te werk, omdat Kersvader dikwels tydens die hele feesseisoen vir lang ure moet werk. Kersvaders kan verwag om gemiddeld R250 tot R500 per dag te verdien.

Indien jy graag Kerswense waar wil maak en vir foto’s wil poseer, kan jy aanlyn aansoek doen vir die pos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.