Hier is die wenner van ons masker-kompetisie!

Wenners Nadine en Ivor Swartz

Tydens ʼn ongekende wêreldwye pandemie het die dra van gesigmaskers skielik die norm geword. Mens se glimlag word weggesteek agter ʼn stukkie lap, maar dit is nie nodig om in te boet op jou persoonlike styl nie!

Maroela wou by ons lesers weet hoe lyk hulle met hul maskers en of hulle dalk maskers vir die gesin gemaak het van interessante materiaal of selfs in ʼn interessante vorm – en julle het ons oorweldig met julle kreatiwiteit! Ons het tot selfs twee bruide wat spog dat hulle spesiale dag beslis nie bederf is net omdat hulle maskers moes dra nie.

Nadine en Ivor Swartz wen die R1 000 kontant vir hul maskers met hul jakkals en wolf-maskers. Nadine sê hulle het dié maskers spesiaal laat maak vir haar verjaarsdag en gebaseer op die fliek, Fantastic Mr. Fox. Baie geluk, Nadine en Ivor!

Hier onder is ʼn keur van die inskrywings wat ons ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.