Hiér is die wenners van die Tinteltong Toekennings vir 2019

Tinteltong 3Donderdagaand het Afrikaanssprekendes van wyd en syd bymekaargekom vir die jaarlikse Tinteltong Toekennings wat deur AfriVriendelik aangebied word.

Hiér word ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan, gevier.

Vanjaar het Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys as gasheer en gasvrou opgetree by die pragtige Moonshot Café-venue in Pretoria, en die bekende musiekgroep ADAM het die voete behoorlik laat stamp – dermate dat gaste later sommer die skoene uitgeskop en begin sokkie het!

Dit was sowaar ʼn geleentheid waar Afrikaans as saketaal gevier is.

Dié Afrikaanse ondernemings het teen die einde van die aand met die Tinteltong Toekennings huis toe gegaan:

Tinteltong Toekenning vir oulikste Afrikaanse naam: Bril

Tinteltong Toekenning vir mooiste logo: The Wooden Spoon

Tinteltong Toekenning vir lekkerste kos: Boervrou Deli

Tinteltong Toekenning vir gehaltediens: Ai-Ai Event Styling

Tinteltong vir oulikste e-kopie (aanlyn winkel): Lieflappies

Tinteltong Toekenning vir fraaiste produk of diens gemik op kinders: Poppie Lief

Tinteltong Toekenning vir oulike produkte: Jana Nel Designs

Tinteltong Toekenning vir beste gebruik van sosiale media: Bril

Tinteltong Toekenning vir uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA

Tinteltong Toekenning vir skaterlag uit jou maag: Korrelkou

Foto’s wat Afrikaans praat: Rina Schmidt Lombard

Beste nuweling: klerekas.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan van Vuuren ·

Verstaan nie, dit gaan oor Afrikaans en Afrikaans bevorder en Engelse name word gekies as wenners

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.