Hier is die wenners van Maroela se Kersfeesbonus-kompetisie

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Met brandstofpryse wat die hoogte inskiet, ʼn wêreldwye pandemie wat die ekonomie lamgelê het en ʼn jaar wat baie langer as net die gewone 12 maande gevoel het, wou Maroela ons lesers bederf.

Dié drie gelukkige Maroela-lesers wen elkeen ʼn Kersfeesbonus van R5 000 kontant. Baie geluk aan Madeleine Flade van Centurion, Jennifer Mynhardt van Roodepoort en Elzette Kok Mouton van Bronkhorstspruit!

Ons wou met dié kompetisie weet op watter manier Maroela vanjaar ʼn verskil gemaak het.

  • Madeleine het geskryf: “Dis vroegoggend, my koffie stoom nog lekker, my vaak oge moet wakker word … oudergewoonte klik ek maar op Facebook, scroll … scroll … scroll … ahaaaa, hier’s die mees geleeste storie van Maroela. (Ek het ook ʼn spesiale tab vir Maroela, maar dis vir die aande). In die oggende en deur die dag kyk ek vir die “most read”. Ek vind die mooiste mooi en hartseer omgevou in die tienermeisie wat in die stad gevang is en verlang na die plaas, jy ruk so aan my hart en die verlange van my kaalvoetdae op die plot vang my vas daai dag. Ek is nie alleen nie, jy verlang saam met my. Saam met jou weet ek, bou ons ʼn land waar ons kinders gaan groot word. Waar ons ook weer kaalvoet op die plotte en plase gaan kan hardloop, met hulle. Hier is ek nou toe nie so alleen nie, hier vind ek die mense, anders, maar nes ek.”
  • Jennifer skryf: “Maroela Media is beslis my kuierplek nogal in ons taal Afrikaans en gratis ook, nuus van toeka tot nou, ʼn grappie vir jou, van wyn, hartseer en pyn van liedjies en Afrikaans, van moord en ʼn vakansieoord. ʼn Nuwe app. Van sit sonder krag tot ʼn gedagte vir die dag, nuus van onder die grond tot van die government se str*nt, van krieket en gholf tot wie gaan koning kraai in Dubai, van slegte noedels en Covid k**, nuus van oorsee en geskenke gee, alles geprint vir ons om te vind. Ek sê dankie vir jou en hoop ek kan R5000 in my beursie toevou … ;)”
  • En Elzette het geskryf: “Jong ek volg Maroela orals op my foon, my Facebook en waar ek kan – van ʼn lekker lagsessie tot ʼn huil- en bekommerd-wees-sessie; Maroela hou ons altyd op hoogte wat aangaan oral. Dis baie interessant en die feite is altyd reg, ek love Maroela julle is tops! Dit het ʼn verskil gemaak om eerder nie nuus te kyk op TV-kanale nie maar liewer as iets gebeur dan sê ons altyd, ‘ag man kyk op Maroela hulle sal dit daar hê!’. Daar is altyd goeie en slegte nuus wat saak maak dankie vir die jaar se updates oor baie nuus. R5 000 sal ʼn vreeslike persent wees aangesien die jaar baie moeilik was met kinders se skool en al die negatiewe dinge wat gebeur het dit sal vreeslik lekker wees om my drie seuns te bederf vir Kersfees.”

Dankie vir elke Maroela-leser wat vir dié kompetisie ingeskryf het. As jy nie dié keer een van die wenners is nie, bly gerus ingeskakel – ons beplan opwindende pryse en kompetisies vir 2022!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.