Hier is Maroela se Somerbruid!

Ons Somerbruid wen ‘n heerlike wegbreek by Finfoot Lake Reserve (Foto verskaf)

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie is dit heerlik om ʼn tweede wittebrood weg te gee aan ons Somerbruid.

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Paartjies wat tussen Desember 2021 en Februarie 2022 getrou het, het vir die Somerbruid in aanmerking gekom. Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap en ons lesers kon uit die die top-10 Somerbruide hul gunsteling aanwys. Die Somerbruid dring ook uiteindelik deur na die finale ronde as Maroela se Bruid van die Jaar.

Ons Somerbruid

Baie geluk aan Emelia le Roux, ʼn ontvangsdame van Meyerton, wat verreweg die meeste stemme in dié kompetisie gekry het! Emelia en Donavan was saam op skool, maar die liefde het eers ná skool begin blom. Die twee verliefdes se broers is vriende en hulle het mekaar by ʼn huisbraai ontmoet. Donavan werk vir ʼn groot deel van die jaar oorsee vir ʼn byeboer en plaaslik is hy deel van ʼn skaapboerdery.

Emelia en Donavan wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Finfoot Lake Reserve in Rustenburg, Noordwes (insluitend aandete en ontbyt) met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.

Baie geluk!

Stem en wen-wenner

Baie geluk aan Joyce Venter van Sasolburg wat aan die stemmery deelgeneem en vir haarself ʼn wonderlike Tupperware-geskenkpak ter waarde van R5 500 losgeslaan het.

Dié wonderlike geskenkpak sluit in ʼn mikrogolf- vinnige koker (ter waarde van R1 999), ʼn kruieknipper (R459), ʼn “Signature Line”-stel (vier verskillende groottes) (R1 686), ʼn VentSmart High-stel (R499), ʼn “Click Series”-stel (R500) en ʼn geskenkbewys wat jy aanlyn in Tupperware se winkel kan gebruik ter waarde van R500.

Maroela se Bruid van die Jaar-kompetisie

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel. Ons gaan elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys

Ons gaan deur die loop van die jaar ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2022), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Jy staan met die stemmery vir elke seisoenebruid ook die kans om weer in aanmerking te kom vir ʼn Tupperware-geskenkpak – bly dus ingeskakel!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.