Hier is ons Herfsbruid se Stem en wen-wenner

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Paartjies wat tussen Maart 2022 en Mei 2022 getrou het, het vir die Herfsbruid in aanmerking gekom en Adell van Wyk van Standerton is as een van die seisoenebruide gekroon. Ons het ook reeds vroeër Somerbruid aangewys.

Lesers wat aan die stemmery vir die herfsbruid deelgeneem het, het in aanmerking gekom vir ʼn wonderlike Tupperware-geskenkpak ter waarde van R5 500!

Baie geluk aan Masha Joubert van Mosselbaai wat aan die stemmery deelgeneem en vir haarself dié heerlike prys losgeslaan het.

Dié geskenkpak sluit in ʼn mikrogolf- vinnige koker (ter waarde van R1 999), ʼn kruieknipper (R459), ʼn “Signature Line”-stel (vier verskillende groottes) (R1 686), ʼn VentSmart High-stel (R499), ʼn “Click Series”-stel (R500) en ʼn geskenkbewys wat jy aanlyn in Tupperware se winkel kan gebruik ter waarde van R500.

Bruid van die jaar

Ons gaan deur die loop van die jaar ook nog ʼn Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Aan die einde van die jaar gaan die vier seisoenebruide teen mekaar meeding om uiteindelik die titel as Maroela se Bruid van die jaar te verower.

Jy staan met die stemmery vir elke seisoenebruid ook die kans om weer in aanmerking te kom vir ʼn Tupperware-geskenkpak – bly dus ingeskakel!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.