“Die issues wat jy oor jou lyf het? God het nie daai issues nie.”
Nadine Blom herinner jou daaraan dat jy jou identiteit in God moet soek en nie in die wêreld nie. Jy is pragtig nes jy is, en as jy vrede maak met hoe jy lyk, is jy selfs nog mooier!
Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.
Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
dit is maklik om te praat as jy nie oorgewig is nie. maklik vir mense om te sê maak nie saak wat nie ons is lief vir jou. maar as jy self oorgewig is, dan is dit moeilik om dit te doen. ek weet, want ek is dik en nie tevrede met my lyf nie. al is my man en kind hoe lief vir my, dit maak nie saak nie. die bly ‘n uiterste teer puntjie.
30min, 3 keer n week…dis wat aangeraai word…maar Saffas is selfs te lui daarvoor. Dan moet jy maar duk bly.
Elke mens is n probleem.vir homself of ander. Resultate van n “failed creation”.
Get over it, jy kyk tog nie heeldag in ‘n spieël nie. Lig op jou kop en kyk die mense in die oë. Dis wat selfvertroue is. Glo in jouself, niemand gee tog werklik om nie. Niemand gaan ook heeldag vir jou vertel hoe dik of maer of wat ookal jy is nie. Enjoy life! Dit gaan by jou begin, maak die beste daarvan.
Maak vrede met wat jy nie kan verander of verbeter nie.
As dit ‘n geval is van oorgewig wees, maklik. Eet minder, raak aktief en neem beheer van jou lewe.
Genade, daar is hoeveel mense wat ongelooflik seergekry het agv ‘n ongeluk. Van hulle is geskend of verlam maar hulle leef steeds voluit en met ‘n blymoedige gees.
Niemand is perfek nie. Daai klein goedjies wat pla is dalk ‘n “blessing”.
Dit hou ons nederig, voorkom dalk hoogmoed en dwing ons om te werk aan dit wat saak maak – persoonlikheid en ons verhoudings met die mense om ons.